Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.
Waarop vertrou jy, as benoudhede jou oorweldig? Wie vra jy eerste, om jou te help met raad en bystand?
Daar is sekere dinge wat jy kan doen, en of, nie kan doen nie. Beide kan gedoen, of probeer word, sonder om God te raadpleeg; dan steun jy op jou eie insigte en sal nie die seën van God ervaar nie.
Steun, of leun op God vir jou krag en insig, voordat jy met jou eie kragte probeer, al is jy goed daarin, of gewoond om dit vanself te doen.
Ken die Here, soek sy insig en wees nie wys in jou eie oë nie, sodat God jou paaie gelyk kan maak.
Here, ek erken dat U God is en dat u Seun, vir my gesterf het en my vrygemaak het. U Heilige Gees, gee my die krag en lyding, of wysheid, om die regte besluite te neem en my planne uit te voer. Ek neem besluite, maar U rig my voete in die regte rigting. Ek steun nou op U, om my te help met my take en pligte. Ek weet ek sal u genade vind en goeie insig in die oë van God. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment