Jesus het Homself verneder om sy eie skepping, die mens te red van die dood.
Jesus het nooit probeer om die Vader se wil te probeer teëgaan en sy eie wil te doen nie, tot die dood toe.
Die Vader het Jesus verhoog en op sy troon laat sit, met die wêreld as sy voetbank.
Jesus het die bose oorwin en die wêreld van ongeregtigheid gereinig.
Dankie, Vader, vir u Seun, wat ons sonde met sy eie bloed gewas het. Die bloed is lewe en versoening. Jesus U is een met die Vader en nou is ons een met U (Joh. 17:21). Ek verdien niks, maar ek verneder myself voor U. Op die regte tyd sal U my verhoor, nie omdat ek dit verdien nie, maar omdat U, genade aan my skenk. U geregtigheid het my in U verenig vir ewig. Alles wat U het, kom van die Vader, en alles wat ek het, kry ek van U genade (Joh. 17:7). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment