Hierdie woord is een waarop jy kan staatmaak en jou staan maak. Lewe is om in God te wees en die vryheid van Goddelike lewe te lei.
So beweeg jy in sy lewe en het die vryheid van beweging in die Naam en wil van God, want sy bloed het jou waarlik vrygemaak
God sê: "Ek is wat Ek is." In God IS jy, deur sy genade; Hy beskerm en behoed jou; in Hom is jou geregtigheid.
Dankie, Here, dat ek in U kan lewe en die vryheid van beweging kan hê en net kan wees. U woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie. Ook word U nie met mensehande gedien asof U iets nodig het nie, omdat Uself aan almal lewe en asem gee. (vers 24 & 25). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment