Monday, 24 November 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Goedheid en guns

Hemelse VADER, ek BID ek spesiaal vir die KOSBARE mens wat nou hier lees. Ons het nou saam ‘n AFSPRAAK met die Lewende GOD. Hou asseblief hierdie persoon STYF VAS, HERE. Dankie vir U GOEDHEID en GUNS oor al die jare. Dankie vir U troue LIEFDE, U VERSORGING en VERTROOSTING. U is ons REDDER en KONING. U is ons beste VRIEND en VADER ... ons ADVOKAAT en VOORSPRAAK. Dankie JESUS dat U ons DRA wanneer ons te SWAK is om self verder te loop. Al is ons ook soms ontrou, U is altyd GETROU. Ons voel so VEILIG in U sterk arms. Ons het U opreg LIEF, JESUS. Bederf asseblief hierdie kosbare mens met U asemrowende GOEDHEID en GUNS. EK aanvaar volle verantwoordelikheid vir jou SORG en BESKERMING, sê die HERE. Jou GENESING, vrede en kalmte. Ek is jou VADER vir EWIG. Dankie, JESUS. Amen.

[Bron: Internet]

No comments:

Post a Comment