* Oom Willem: "In my jongdae wou ek 'n meisie bietjie beïndruk met my skietvermoë. Ek vertel haar dat ek en 'n paar pêlle elke Saterdagoggend gaan voëls skiet het om ons oogkoördinasie te oefen."
Oom Danie: "Het julle regtig gaan skiet of was dit 'n opgemaakte storie?"
Oom Willem: "Wel, oordeel maar vir jouself. Ek vertel vir haar dat daar 'n ry eende langs die rivier sit en dat ek my geweer so geswaai het en 19 eende met een skoot geskiet het."
Oom Danie: "Moenie vir my sê sy het jou geglo nie."
Oom Willem: "Haar reaksie: 'Hoekom sê jy nie liewer maar 20 nie, Willem?'"
Oom Danie: "Daarmee stem ek volmondig saam."
Oom Willem: "Sal ek nou oor één eend lieg?"
* Oom Danie en oom Willem is lus vir 'n verandering van spyse en hulle besluit om te gaan uiteet.
Oom Danie: "En wat beteken dit? Daar is 'n vlieg in my sop!"
Kelner: "Ek weet nie. Ekl is 'n kelner - nie 'n fortuinverteller nie."
* 'n Ouerige bestuurder met 'n ewe ou Chev ry 'n klein mannetjie om en stamp hom 12 meter ver! Toe arresteer Kimberley se verkeerspolisie hom omdat hy die ongelukstoneel verlaat het.

No comments:
Post a Comment