Wednesday, 26 November 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Geleende kind

"Ek sal aan jou vir 'n kort tydjies een van my kinders leen," het Hy gesê.

"Om hom lief te hê, solank hy lewe en te rou wanneer hy dood is.
Miskien is dit vir 6 of 7 jaar of 22 of 23,
maar sal jy, totdat Ek hom terugroep, hom mooi oppas vir my?
Hy sal vir jou geluk bring en as sy bly by jou van korte duur is,
sal daar vir jou mooi herinneringe wees as troos in jou hartseer.
Ek kan nie belowe dat hy lank sal bly nie,
want almal moet van die aarde terugkeer.
Maar daar is waarhede op die aarde wat hierdie kind van my moet leer
Die wêreld deur het Ek gesoek na ware opregte leermeester 
en uit die menigte wat in die lewensry was - het ek julle uitverkies.
Sal jy asseblief vir hom al jou liefde gee?
En moenie my haat as Ek hom kom haal om terug te kom na my toe nie.
Ek verbeel my Ek hoor julle sê: 'Liewe Heer, u wil geskied.
Vir al die liefde en vreugde wat u kind ons sal bied,
sal ons die risiko loop van hartseer wat kan kom.
Ons sal hom met teerheid bewaar.
Ons sal hom liefhê solank ons mag.
En vir die geluk wat ons saam ken,
sal ons vir ewig dankbaar bly.
Maar as die engele hom kom haal,
gouer as wat ons beplan het,
sal ons moedig die droefheid dra en probeer verstaan.'"

No comments:

Post a Comment