![]() |
| Mnr. Meeding en past. Jones |
Hy het te hore gekom van die ernstige nood aan Bybels en hy het besluit dat dit sy nuwe taak gaan wees. Met die Bybelgenootskap se bekende Bybelbussie het hy sy insamelingaksie gedurende September 1985 begin. Teen Februarie 1986 het hy sy 17e bussie direk aan past. CS Jones van die Bybelgenootskap oorhandig.
Mnr. Meeding is vasbeslote om deur die Here se genade voort te gaan met hierdie aksie. Mag die ywer vir die werk van die Here baie ander aanmoedig om te werk terwyl dit nog dag is, voordat die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Joh. 9:4)
![]() |
| Ds. Boshoff en me. Marais |
Sy werk tot laat snags aan die seëls wat sy ingesamel het, soms tot twee-uur in die nag om die seëls skoon te maak en voor te berei voordat sy dit vir Bybelgenootskap stuur.
Hierdie artikel het 41 jaar terug in Die Saaier Lente 1986 (Die tydskrif van die Bybelgenootskap) verskyn. Dit is vandag nog net so relevant.
Wat doen ek as senior burger, pensioenaris en inwoner van 'n aftreeoord vir die Here? Of is ek te oud?


No comments:
Post a Comment