* Oom Danie besluit dat reëls op sy ou dag nie so lekker afgaan nie. Hy bel die eiendomsagent en reël 'n afspraak om na woonstelle te gaan kyk. Hy hou sommer dadelik van die eerste woonstel wat vir hom gewys is en die huur klink ook nie buitensporig nie. Iewers moet daar 'n kinkel in die kabel wees. Hy bevraagteken die klompie onnatuurlike vlekmerkies teen die plafon.
"O," sê die agent, "die vorige bewoner was 'n uitvinder wat met gevaarlike chemikalieë geëksperimenteer het."
Oom Danie: "Daardie vlekkies moet dan chemikalieë wees?"
Agent: "Nee, dit is die uitvinder."
* Toe Kimberley nog bioskope gehad het, is daar 'n opname gedoen oor die geweld wat daar deesdae in flieks is.
Vraagsteller: "Oom, wat dink Oom van die geweld in die bioskope vandag?"
Oom Danie (dink so 'n bietjie): "Wel, ek sit gewoonlik heel aan die anderkant kant en dus let ek nie op wat die res van die fliekgangers doen nie ..."
* Daar mos 'n begrafnis gehou word, maar daar was geen predikant te vinde nie, aangesien hulle almal by die sinode was. Die plaaslike afslaer word toe gevra om uit te help. Hy is heel gewillig om die diens waar te neem.
Hy begin toe ook: "Broers en susters, ons sal begin deur te sing van Psalm 146 vers 3. Wie sê vers 4? Wie sê 4? Wie sê 4?"

No comments:
Post a Comment