Thursday, 27 November 2025

Ouma se wenke: Gekookte eiers

* Voeg koeksoda by die water waarin eiers gekook word, en die dop sal nie vassit as jy dit afdop nie.
* Voeg 'n bietjie asyn by die water om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook. (‘n Teelepel in die kastrol het dieselfde resultaat.)
* ‘n Gekraakte eier kan nog steeds gekook word as jy die kraak met botter verseël.
* As jy ‘n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder.
* Dop 'n gekookte eier dadelik af. Dit verhoed dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.
* Sny hardgekookte eiers deur met 'n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie. 
Ek gaan volgende week weer 'n eiertjie lê.

No comments:

Post a Comment