Thursday, 13 November 2025

Ouma se wenke: Peperinligting

* Groen peperkorrels is onryp peperbessies. Hulle smaak is nie so skerp nie en is in botteltjies verkrygbaar.
* Swart peperkorrels is die onryp peperbessie wat gefermenteerd is en dan gedroog is. Swart peper is geuriger as wit peper.
* Wit peper kom van die gedroogde kern van die swart peperkorrel en is skerper as swart peper.
* Rooi peperkorrels is eintlik glad nie peper nie, maar 'n bessie van 'n Suid-Amerikaanse boom. Rooi peper word eintlik net gebruik vir sy aantreklike kleur. Die geur en smaak van peper is op sy beste as dit pas gemaal is. 

No comments:

Post a Comment