Kyk na My hande en voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bloed nie.
En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
Hierdie Jesus, die Messias, die Seun van God het vir jou gesterf; aanskou en voel, sê Hy vir sy dissipels en Hy eet voor hulle.
Hy is nie Gees nie, maar vlees, wat in die hemel voor hulle oë opgeneem is, terwyl Hy hulle seën.
Hierdie Jesus het die Heilige Gees vir jou gestuur om jou te leer en te lei in waarheid en in Gees.
Hy was vir jou bedroef sodat jy in vreugde kan leef; Hy was vir jou benoud sodat jy in vrede kan leef; Hy was vir jou met rieme uitgetrek, sodat jy genees kan word; Hy het vir jou gesterf sodat jy kan leef tot in ewigheid, Hy het met sy bloed vir jou sondes betaal en jou gereinig, sodat jy vlekkeloos voor God kan staan in die poorte van die koninkryk van die Vader en saam met Christus in hemelse plekke kan sit.
God het jou met sy guns geseën en Hy berei vir jou 'n plek voor, waarna Hy jou kom haal om saam met Hom te wees.
Dankie, Jesus, dat U die vlees oorwin het. U het vir my u oorwinning gegee in u Heilige Naam. Ek staan vreesloos en aanskou die aanvalle van Satan wat niks teen my kan uitrig nie. U liefde is my toekoms. My lewe is Christus en die dood is 'n wins. Ek is geseënd, soos Job gesê het; Die Here gee en die Here neem, geloofd sy die Here. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment