Showing posts with label Ds. Ensie Enslin. Show all posts
Showing posts with label Ds. Ensie Enslin. Show all posts

Friday, 28 June 2024

Terugblik: Oudword (uittreksel)

Aftree-oord ... oudwordplek ... doodgaanplek? Dis wat ek gedink het toe ek en my man ouetehuis toe is. Dit was regtig vir my 'n krisis in my lewe. Ek het moedeloos, lusteloos en depressief geword. Waarom Here? Waarom moet ek afstand doen van soveel van my goed? Gaan my kinders vir my kom kuier of gaan ek nou vereensaam?

Maar toe het ek om my begin rondkyk en die mooi rondom my raakgesien. Nou weet ek om jonk te wees, het niks met jare te doen nie. Jonkwees is 'n gemoedstoestand, 'n wilsbesluit. Jare rimpel die vel, maar 'n gebrek aan hoop en entoesiasme laat rimpels in die gemoed.

So kyk ek na my buurman oorkant my ('n Altzheimer-geval), wat 'n paar keer op 'n dag met sy loopraam na sy voorhekkie loop, op en af in die pad kyk ... "Wanneer kom kuier my kinders dan?" Ek, daarenteen, kan in my kar klim en na my kinders en kleinkinders ry as ek na hulle verlang. Dankbaar!

'n Vriendin wat 'n geamputeerde been het, se dogter kom kuier elke middag vir haar en stoot haar deur die oord om na almal se pronktuine te kyk. Ek, weer, geniet my eie tuintjie met al sy kleure en geure waar ekself my vingers in die grond kan druk. Dankbaar!

'n Ander vriendin het 'n pragtige huis en tuin gehad. Nou lê sy in 'n kamer en staar om haar heen. Sy gryp elke besoeker se hand vas: "Moenie nou loop nie - bly hier by my." Ek kan vrylik rondbeweeg en gaan kuier wanneer en waar ek wil. Dankbaar!

Ek kan nog soveel vir ander beteken - drukkies uitdeel - vir sommige mense is dit die enigste drukkie wat hulle ooit kry. Ek kan vir ander bid. Dankbaar!

Dankbaar vir lewe, dankbaar vir liefde, dankbaar vir genade!

[Anoniem]  

Koop gerus hierdie boekie God maak stukkende mense heel, 2018/2019, met stories van hoop by Dutoitspan Kerkkantoor - 053 842 1100 @ 'n bekostigbare R50,00.

Friday, 19 May 2023

Lief en leed: Ons groet vir John O'Ehley

Wat ek is, is net genade,
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
[Gebed van Koos du Plessis]

’n Geliefde inwoner van Ons Huis en 'n jarelange gemeentelid van Dutoitspan, John O'Ehley (76), is gisteroggend oorlede.

Hy stap vanaf 1992 'n pad met Dutoitspan-gemeente. 'n Vriendelike, innemende mens met 'n blymoedige geaardheid - 'n fyn waarnemer. 

Hy was 'n baie getroue kerkganger en al kon hy 'n geruime tyd nie meer hoor nie, wou én het hy elke Sondag kerk toe gekom. Pieter Britz het hom Sondae kerk toe gebring. Dit was sy gebruik om altyd so 'n uur voor die diens sy plek in te neem en dié tyd dan te gebruik om te bid. 'n Stille voorbeeld vir ons almal. 

Die troosdiens is Vrydagoggend, 26 Mei om 10h00 in Ons Huis se siekeboeg. Dit sal deur ds. Ensie gelei word.

Rus in vrede, liewe oom John. 

Sunday, 17 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin

Vandag, 17 Januarie 2021, het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Om God regtig lief te hê

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:34-38
  • Joh. 14:15; 21; 23-24; 31
  • 1 Joh. 5:3
Klik op elke deel om deel te wees van die erediens. 
Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Januarie 2021 (Druk op die woorde  deel 1, deel 2, deel 3, deel 4 en deel 5 om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens bestaan uit 5 dele.)

Klik HIER vir nog erediensboodskappe. 

Sunday, 10 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag, 10 Januarie 2021,  het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: EK GAAN WEER BEGIN

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:29
  • Matt. 22:34-40
  • Luk. 10:27

Slotgebed: Lied 284

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 10 Januarie 2021 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens het so 'n paar sekondes van stilte voordat dit begin.)

Sunday, 30 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Loflied: U is waardig om die Boek te neem
(Klik HIER om te luister)

Tema: Bybelsondag: Die 5 solas - met die klem op alleen.

Skrifgedeelte: 2 Tim. 3:1 - 4:8

Slotlied: Soos 'n man van die Woord (Klik HIER)

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 30 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 23 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wanneer niks meer sin maak nie

Skrifgedeelte: Romeine 8

Teksvers: Romeine 8:18; 26-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 23 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 16 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Waarom moet die Woord van God in my leef?

Skrifgedeelte: Psalm 119:1-3; 55-57; 67-68; 71-74; 81; 103-105; 114; 130-133; 140-148; 161-162; 172-176

Teksvers: Psalm 119:57 en 105

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 16 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 9 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Wie weet miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy is waar jy is. Die Here God het jou geplaas daar waar jy 'n verskil kan maak.

Skrifgedeelte: Ester 3 en 4
Ester 7:5; 9-10

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 9 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 2 August 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Sê nou God sê NEE ... wat dan?
Kerntema: Vanuit watter fondasie kyk ek na hierdie vraag?

Skrifgedeelte:
1 Kor. 1:18-25
1 Kor. 2:1-5
2 Kor. 12:7(b)-10

Loflied: O Heer, my God van Piet Smit. Klik HIER om daarna te luister.
Slotlied: In die Hemel is die Heer en Sy glas is soos kristal – Robyn Hall. Klik HIER.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 2 Augustus 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 26 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Niks skei ons van die liefde van God in Christus Jesus ons Here nie.

Skrifgedeelte: Romeine 8:26-39

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 26 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 19 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer.

Tema: Die Here sorg

Skrifgedeeltes: Ps. 33:1-22

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 19 Julie 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Sunday, 5 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Gebed vir genesing

Skrifgedeeltes: Psalm 73

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 5 Julie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 28 June 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: God gee uitkoms - ons hoop is op Hom gevestig.
(Biddag vir alkoholverslaafdes)

Skrifgedeeltes:
2 Korinthiërs 1:1-11(kerngedeelte)
Klaaagliedere 3:14-18 en 21-24

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 28 Junie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer  - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Sunday, 31 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Die gevolge van vervulling van die Heilige Gees in my lewe.

Skrifgedeeltes: Handeling 2 en Handelinge 4

Ons gaan ook vandag Nagmaal gebruik - luister dus eers na die VERSOEK HIER.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 31 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Sunday, 24 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Begeer jy om geesvervuld te wees?

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 24 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Sunday, 17 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Jou dwaas

Skriflesing: Hand. 9:1-22 en Jak. 2:14-26
           
Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Sunday, 19 April 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Hou die oë op God alleen gerig..

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-32

Teksvers: 2 Kronieke 20:12

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 19 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Monday, 13 April 2020

Covid-19-oordenking 17

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking.

Tema: Ons Huwelik vir Christus

Aandtema: (Inleiding) Hoe sien jy & ek die Huwelik?

Seënwense.

Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Saturday, 11 April 2020

Covid-19-oordenking 16

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Stille Saterdag van verslaenheid

Skriflesing: Lukas 23

Seënwense.

Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Friday, 10 April 2020

Covid-19-oordenking 15 - aand

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen die oordenking op Paasvrydag. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Teksvers: Johannes 19:38-42

Klik op die skakel "Oordenking".

Seënwense.

Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)