Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
[Gebed van Koos du Plessis]
’n Geliefde inwoner van Ons Huis en 'n jarelange gemeentelid van Dutoitspan, John O'Ehley (76), is gisteroggend oorlede.
Hy stap vanaf 1992 'n pad met Dutoitspan-gemeente. 'n Vriendelike, innemende mens met 'n blymoedige geaardheid - 'n fyn waarnemer.
Hy was 'n baie getroue kerkganger en al kon hy 'n geruime tyd nie meer hoor nie, wou én het hy elke Sondag kerk toe gekom. Pieter Britz het hom Sondae kerk toe gebring. Dit was sy gebruik om altyd so 'n uur voor die diens sy plek in te neem en dié tyd dan te gebruik om te bid. 'n Stille voorbeeld vir ons almal.
Die troosdiens is Vrydagoggend, 26 Mei om 10h00 in Ons Huis se siekeboeg. Dit sal deur ds. Ensie gelei word.
Rus in vrede, liewe oom John.
No comments:
Post a Comment