Showing posts with label Rykdom. Show all posts
Showing posts with label Rykdom. Show all posts

Wednesday, 6 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Goddelike Rykdom

• Jesus het aan die kruis vir ons arm geword, sodat ons deur sy armoede ryk kan word. Hy is verneder, op Hom is gespoeg, die Romeinse soldate het selfs gedobbel vir sy klere.
• Jesus, die Een wat meer as 5000 mense gevoed het, vissers se nette amper laat skeur het van die groot vrag vis.
• Die Een wat goud, diamante en robyne in die aarde geskep het, het jou plek van armoede aan die kruis geneem, sodat jy Sy plek van oorvloed kan neem.
• 'n Goddelike ruil het plaasgevind op Golgota - jou sonde vir Sy geregtigheid en jou armoede vir Sy voorsiening.

Gebed: Ek is geseën met die volheid van die seëninge van die evangelie van Christus. Ek is geseënd in die stad en in die veld; geseënd in my uitgaan en binnekom. Op my pad is lewe en vrede; heerlikheid, oorvloed en ewigdurende vreugde; nou en vir altyd, in Jesus se Naam. Amen.

Tuesday, 7 November 2023

Dinsdag-denke: Geniet jou lewe elke oomblik

Eendag lank gelede was daar ’n visserman wat rustig ’n middagslapie onder die boom langs die strand geniet het. Skielik is daar ’n ryk sakeman wat daar verby gaan en hy stap na die visserman en vra aan hom hoekom werk hy nie. Die arm visserman antwoord dat hy genoeg vis vir die dag gevang het om te voorsien in sy gesin se behoeftes.

By die aanhoor van die argument raak die ryk sakeman briesend en vra: “Hoekom vang jy nie meer visse nie in plaas daarvan om hier in die skaduwee te lê en jou tyd te mors?”

Die visserman vra: “Wat sal ek doen as ek meer visse vang?”

Sakeman: “Die ekstra visse wat jy vang, kan jy verkoop en meer geld verdien. Die geld kan jy gebruik om ’n groter boot te koop.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan dan in dieper waters gaan visvang, nog meer visse vang en sodoende nog baie meer geld verdien.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan meer bote koop en ’n klomp mense in diens neem wat vir jou werk en nog meer geld verdien?”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan ’n ryk sakeman word soos ek.”

Visserman: “Wat sal ek dan doen?”

Sakeman: “Jy kan dan jou lewe in rus en vrede geniet.”

Visserman: “Wat dink jy is ek besig om nou te doen?”

Jy hoef nie vir môre te wag om gelukkig te wees en jou lewe te geniet nie. Jy hoef inteendeel nie ryker of mooier of slimmer te wees om jou lewe te geniet nie.

’n Vername man het eens gesê: “My rykdom bestaan nie uit die omvang van my besittings nie maar uit die geringheid van my behoeftes.”

Sunday, 26 December 2021

Betaal jou belasting ...

'n Belastinginspekteur kom eendag by 'n Christen aan om vas te stel hoeveel belasting hy moet betaal. " Watter besittings het jy? " vra die gaarder. 
"Ek is regtig baie ryk," antwoord die Christen. 
"Gee my 'n lys van jou besittings, asseblief," wil die agent weet. 
Die Christen antwoord:
1. Ek het die Ewige Lewe, Joh. 3:16;
2. Ek het 'n huis in die hemel, Joh. 14:2;
3. Ek het vrede wat alle verstand te bowe gaan, Fil. 4:7;
4. Ek het onuitspreeklik vreugde, 1 Pet. 1:8;
5. Ek het liefde wat nie vergaan nie, 1 Kor. 13:8;
6. Ek het goeie en betroubare vriende (op WA en ook op FB), Spr. 18:24;
7. Ek ken geen vrees nie, Hebr. 13:6;
8. Ek het die kroon van die lewe, Jak. 1:12"

Die agent maak sy boek toe en sê : "Meneer, jy is waarlik skatryk, maar jou rykdom is nie belasbaar nie. "

JA, EK IS VERSEKER NIE BELASBAAR NIE, EN OOK IS EK NIE BELAS MET WÊRELDSE DINGE NIE!

[Internet]