Showing posts with label Verander. Show all posts
Showing posts with label Verander. Show all posts

Wednesday, 10 June 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Omskep en verander

'n Jong dame het 'n pragtige sysakdoekie van haar vriend present gekry. Eendag het die inkpot per ongeluk omgeval en van die inkspatsels het op die sakdoekie te lande gekom en dit lelik geskend. Sy was bitter hartseer en het haarself verwyt omdat sy deur haar eie nalatigheid die mooi geskenk so bederwe het.

Haar vriend wat 'n kunstenaar was, het op daardie oomblik ingekom, en toe sy met 'n droewige gesig die sakdoekie aan hom toon, het hy net gegelimlag en dit by haar geneem. In sy studeerkamer het hy aan die werk gegaan en met die fynste kwassie 'n pragtige patroon op die sakdoekie geskilder wat die inkkolle heeltemal onsigbaar gemaak het. Daarna het hy die sakdoekie vir haar teruggegee.

"O, maar dis is nie my sakdoekie nie," het sy gesê.

"Ja, dit is," was sy antwoord. Al wat ek gedoen het, was om die lelike vlekke in 'n sierlike ontwerp te omskep."

En dit is wat God met ons sondevlekke en mislukkings doen wanneer ons met ware berou en skulderkentenis na Hom toe kom en onsself onvoorwaardelik aan Hom oorgee.

[ Die Spoorwegbode Junie 1985]

Wednesday, 22 April 2020

Wat is ‘n naam?

Laat my dink aan Alexander die Grote. Hy het die ganse destydse wêreld verower.  Vriend en vyand
het hom gerespekteer as absolute strateeg as dit kom by oorlogvoering.

Niks kon voor Alexander die Grote staan nie! Van sy soldate het hy absolute dapperheid verwag, integriteit en lojaliteit tot die bitter einde toe. Hy het geen bangbroek of lafaard in sy leermag verdra nie.

Sulke manne is sommer summier tereggestel voor al die ander soldate!

Alexander die Grote
Op ‘n dag word ‘n paar jong seuns voor Alexander gebring.  Hierdie seuns het in die geveg omgedraai en bang weggehardloop van die slagveld.

Een vir een van die jong seuns is verhoor en toe voor al die soldate doodgemaak.

Die laaste seun was ‘n mooi fris geboude seun. Nadat die aanklag aan Alexander voorgelees is, vra Alexander aan die jong seun; “Jongman, wat is jou naam?”

Die jongman antwoord verskrik-sag-bang: “A ... A ... Alexander, my Heer!”

Ongeërg vra Alexander met ‘n harde driftige stem: “Jongman, skeer jy gek met my?  Ek vra jou, WAT IS JOU NAAM?”

“A ... A ... Alexander, my Heer!” antwoord die seun.

Die volgende oomblik gryp Alexander die seun voor sy bors en lig hom van die grond op en skreeu-bulder sy dringende vraag uit: “Jongman, ek vra jou ... WAT ... IS ... JOU ... NAAM?”

Al hangende in hierdie sterk man se hande skreeu die seun so hard as wat hy ooit kan: “ALEXENDER, MY HEER!”

Alexander sit die seun weer op sy voete neer; “Jongman, verander jou NAAM of verander jou GEDRAG!”

Lees op HIERDIE bladsy verder.