Ons Huis: Resepte

Terug na HOME PAGE


Paasbolletjies
Bestanddele
450 g witbroodmeel
5 ml all spice (gemengde speserye)
2 ml sout
120 g gemengde droë vrugte (rosyne, sultanas, korente en sitrusskil)
50 g (60 ml) suiker
7 g droë gis
55 ml gesmelte botter/margarien
215 ml louwarm melk
1 eier, geklop

Versiersel (kruisie)
60 ml witbroodmeel
15 ml suiker
15 ml melk
1 groot eier

Metode
  • Meng alle droë bestanddele, behalwe die droë vrugte.
  • Meng alle nat bestanddele en meng in die meelmengsel in.
  • Knie tot sagte deeg (voeg bietjie melk by as te styf is). Knie goed vir omtrent 10 min. tot lekker elasties.
  • Maak toe en laat rys tot dubbel die grootte.
  • Knie deeg af.
  • Knie vrugte in en maak 12 bolletjies.
  • Pak bolle langs mekaar op bakplaat en laat weer rys.
  • Maak die versiersel aan tot gladde pasta. Skep dit in 'n versiersak of plastieksak waarvan 'n klein hoekie afgesny is. Spuit kruise oor bolletjies.
  • Bak by 350 gr C vir 15-20 min.
  • Verf 'n bietjie suikerwater oor die bolletjies as uit die oond kom.
Variasie
Laat vrugte en all spice uit en voeg sjokoladesplinters by en vanieljegeursel in all spice se plek.

[Uit: Die Pienk Boekie: Nuusbrief nr. 93, Maart 2011 - Jeanetta du Preez]

Onfeilbare hoenderpastei
Bestanddele
1 kg afgekookte hoendervleis (sowat 4 kg rou hoender)
250 ml dik witsous
150 g gerasperde Cheddarkaas
50 ml mayonnaise
1 klein blikkie sampioene, gedreineer
2 geklitste eiers
Sout en peper na smaak
1 rolletjie klaar blaardeeg, in yskas ontdooi

Metode
Meng alle bestanddele, behalwe deeg en skep in vuurvaste bak. 
Sit deeg bo-oor.
Verf  bietjie ekstra geklitste eier oor.
Bak by 200 gr C vir 25-30 min. of tot lekker bruin bo-op.

Variasie
Jy kan deeg onderin bak ook sit, verf dan net die deeg met geklitste eier om te voorkom dat deeg sag is en nie deurbak nie. Hierdie resep kan vir klein pasteitjies ook gebruik word.

[Uit: Die Pienk Boekie: Nuusbrief nr. 93, Maart 2011  - Jeanetta du Preez] 

Freda se pynappeltert
Klik HIER vir die resep.

Hoendergereg vir Moedersdag (ongeveer 10 persone)
(As die hele familie by julle bymekaarkom en jy moet kan toor met die hoender, is hierdie resep vir jou.)

Bestanddele
1 klein tot medium hoender
1 blik geroomde sampioene
1 blik sampioensop
uie en tamatie gebraai
'n paar repies spek (opsioneel)
1 pak noedels (groot skulpnoedels)
gerasperde kaas 

Metode
Kook hoender gaar in heelwat water met nodige sout en kruie na smaak.
Kook noedels in die hoendersous waarin hoender tot sag gekook is.
Onbeen hoender en sny in stukkies.
Braai uie en spek (gesnipper) effens bruin en voeg gesnyde tamaties by.
Braai effens en voeg by noedels wat nie heeltemal moet droogkook nie.
Voeg hoender, sampioene en sop by.
Roer effens en giet in 'n groot bak.
Rasper kaas bo-oor en bak tot effens bruin.
Dien bo-op gekookte koring/rys op met wortel- en beetslaai.

Kan ook as ligte aandete met gemengde slaai bedien word.

Hierdie resep is voldoende vir 10-12 persone.
[Resep: Alida de Koker]

Hoendergereg vir Moedersdag
Klik HIER vir die resep!

VINK SE ROSYNTJIEBESKUIT
(Vink Roux van Pretoria)

Bestanddele
5 kg koekmeel
2,5 koppies suiker
0,5 sout
500 g margarine of botter
1 kg pitlose rosyne
7 x 10 g-koevertjies Anchor-droëkitsgis
genoeg sterk-lou water  

Metode
Meng alle droë bestanddele goed.
Begin dan knie en werk stadigaan die botter/margarine en rosyne in.
Knie ongeveer 30 minute.
Deeg moet redelik ferm wees.
Smeer panne solank.
Laat deeg rys vir ongever 1,5 uur op 'n warmrige plek, uit trekke.
(Maak goed toe met komberse.)
Knie dan goed af, plaas in panne: laat rys weer in oond vir 30 min. teen 100 grade F (met doek oor)
Haal doek dan af, bak vir ongeveer 1,5 uur teen ongeveer 275 grade F of effens koeler ... afhangende van die oond, dikte van die panne, ens.
Droog beskuit uit op gewone manier.

Die bestanddele kan verminder word (pro rata) volgens behoeftes en beskikbare kombuisgerei. 
Oortollige deeg kan gebruik word vir roosterkoek, vetkoek of derglike.

Dis lekker en vreeslik vreetsaam ...

ASKOEK

(ingestuur deur iemand uit die Noord-Kaap)
1 kg broodmeel
20 g kitsgis
'n knippie sout/5 ml (1 t) sout
350 mℓ louwarm water
150 mℓ louwarm melk

Meng al die droë bestanddele.
Meng die melk en water.
Voeg genoeg melk en water by die droë bestanddele om ’n stywe deeg te maak. Knie goed.
Laat rus die deeg vir 10 minute.
Verdeel die deeg in 4 dele/balle. 
Laat rus nog 10 minute om te rys.
Maak holtes in die as van jou vuur en plaas die balle in die gate.
Bedek met as.
Die brode is reg wanneer dit hol klink as jy daarop klop.
Geniet dit met botter en konfyt (appelkooskonfyt is 'n treffer)

MAKLIKE ROOSTERKOEK
500 g bruismeel (1 pakkie)
5 ml (1 t) sout
olyfolie of enige ander kookolie
340 ml bier (1 blikkie)

Meng die bestanddele deeglik en knie.
Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie.
Rooster dit vir 20 minute lank oor baie stadige kole.
(As die vuur te warm is, gaan die roosterkoeke binne nog rou wees en die buitekant kliphard)
Draai dit gereeld om.
Variasie op die oorspronklike resep - voeg by:
5 ml (1 t) gekapte knoffel, 
125 ml (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas/biltong/gebraaide spekstukkies
'n gerasperde ui

Bon appetit!! So uit die 1958's ...
Die Serfontein-familie is so gelukkig om van
matrone Joey Serfontein se resepteboeke in
hulle besit te hê en ons het die voorreg om dit
met Ons Huis-lesers te deel! 
'n Heerlike resep vir gevulde tamaties uit die
vyftigerjare!! 































No comments:

Post a Comment