Showing posts with label Pryse. Show all posts
Showing posts with label Pryse. Show all posts

Tuesday, 16 January 2024

Kom kuier heerlik saam met die Veterane Bystandfonds


Die Veterane Bystandfonds is tans besig met 'n landswye uitreik na alle provinsies in SA en bied GRATIS maaltye, musiek deur Philip Moolman, bederfsakkies en gratis inkopie-geskenkbewyse eksklusief aan Nasionale Diensplig-veterane.

Veterane in Kimberley word hartlik uitgenooi om hierdie heerlike bederf-geleentheid GRATIS by te woon, op Donderdag 18 Januarie 2024 vanaf 10h00 tot 13h00, in Kimberley. Bring jou ID en SASSA-kaart saam, en ontvang `n GRATIS inkopie-geskenkbewys ter waarde van R500,00! (Veterane wat nie SASSA-pensioenarisse is nie, is ook welkom om die funksie by te woon, maar sal nie in aanmerking kom vir die gratis inkopie-geskenkbewyse nie.)

Om jou GRATIS plek te bespreek, SMS die woord “Kimberley” na 31429, of Whatsapp “Kimberley” na 073 868 0781. (Die Veterane Bystandfonds se besprekingskantoor sal jou dan skakel, jou bepreking bevestig, aanwysings verskaf en al jou vrae beantwoord. Bespreek gerus spoedig. Sitplekke is beperk.)

Slegs vir manlike, Nasionale diensplig-veterane (manne wat destyds deur die wet verplig was om Nasionale Diensplig te verrig.)

Algemene in ligting oor die Veterane Bystandfonds:

Die VBF is 'n nie-winsgewende maatskappy, nie 'n militêre organisasie, klub of vereniging nie, het geen lede nie, hef geen lidmaatskapfooie en bied geen lidmaatskapsvoordele aan nie. Hulle is ook nie geaffilieer aan enige militêre organisasie of die regering nie, en is totaal afhanklik van publieke skenkings om noodverligting aan Nasionale Diensplig-veterane te kan bied.

Hier volg 'n kort opsomming van hul aktiwiteite oor die afgelope 3 jaar:

Die VBF is in Oktober 2019 gestig. Danksy publieke skenkings was hulle binne die eerste 10 maande van hul bestaan in staat om op 'n maandelikse basis by te dra tot die verblyf en maaltye van 69 veterane in nood.

Gedurende 2020 (veral gedurende die inperking) het hulle kruideniersware aan 126 veterane voorsien, mediese sorg aan 7, klere aan 19, sowel as 24 909 maaltye. Danksy groeiende maandelikse skenkers was hulle binnekort in staat om 61 320 maaltye (gedurende 2021) te kon voorsien, byna 3 keer meer as die vorige jaar. Die totale bedrag vir noodverligting aan veterane in nood regoor die land (voedsel, klere, huisvesting en mediese sorg) het teen Februarie 2022 meer as R1,3 miljoen beloop - die einde van hul finansiële jaar vir 2021. Die syfers vir 2023 (wat in Feb. 2024 bekend sal wees) beloof om die noodverligting-syfers van vorige jare te oorskry.

Die Veterane Bystandfonds bied hul opregte dank aan elke donateur wat die maatskappy in staat stel om `n groot verskil in vele veterane se lewens landwyd te kan maak.

Vir meer inligting, besoek gerus: www.veteranebystandfonds.co.za / 0647052262 (kantoor) / 31429 (SMS)

Bron: Philip Moolman

Wednesday, 5 February 2020

'n Rede om deel van die Ons Huis-familie te word


Volgens onlangse statistiek ly sowat een uit drie bejaardes aan eensaamheid. 

Die verlies aan werk, afsterwe van eggenotes, boers, susters en tydgenote, siekte of verswakte gesondheid, is maar 'n paar van die oorsake hiervoor. Dit gee weer aanleiding tot depressie en verswakking, maar dit kan verhoed word deur gereelde kontak met vriende, familie en tydgenote te hê.

Daarom is daaglikse samesyn belangrik vir ouer mense, veral van familie - dit kan help om veroudering teen te werk.

Monday, 27 January 2020

Veilige en bekostigbare behuising


Ons Huis bied veilige en bekostigbare kamers en 'n woonstel waar ouer persone so lank as moontlik selfstandig kan funksioneer en waar ondersteunende dienste aan hulle gelewer kan word.

Dit is belangrik dat die inwoners kan sê: " Ons is by die huis!"

Daar is ook hulp vir die verswakte bejaarde.
Ouer persone wat fisies of psigies verswak het, kan ook hier geakkommodeer word.

Ons hier by Ons Huis sien elke dag hoe belangrik samesyn is. Daarom probeer ons so ver as moonlik om 'n huislike atmosfeer te skep. 

Kontaknommers: 0538315816053 842 1141

Monday, 30 December 2019

Is u dringend op soek na blyplek?

Kontak Ons Huis Kimberley - 065 564 0381
of
danel@acvv-kimberley.co.za

'n Verskeidenheid opsies is beskikbaar. Kyk ook na die loseerderopsie. Kom maak gerus 'n draai by Ons Huis en kom vergewis uself van die verskillende moontlikhede.

Tuesday, 17 December 2019

Plek beskikbaar by Ons Huis

Klik op die prent om die pryse duidelik te sien. Kontak ons gerus om meer uit te vind. Kom vergewis uself van die omgewing, geriewe en vriendelike personeel.

Thursday, 16 May 2019

Uitdagings voor die deur van Ons Huis!

Duur mediese en kombuistoerusting 

Insameling van FONDSE vir die versorging van bejaardes 

Meer BETROKKENHEID van inwoners se KINDERS op welke wyse

Stygende versorgingskoste

Stygende personeelkoste 

Verswakking van inwoners

Tuesday, 1 May 2018

VAT se ekonomiese kloue ingeslaan in ONS HUIS se verblyfopsies ...

Prysverhogings is 'n onvermydelike. Ons hier by Ons Huis probeer egter baie hard om so tegemoetkomend te wees, as wat dit binne ons vermoë is.

Na die noodsaaklike aanpassing gemaak is, sien die pryse as volg daaruit:
Die verswakte afdeling: R7240.00 per maand (etes ingesluit, sowel as die versorging deur opgeleide personeel.)
Kamers sonder badkamers R5430,00
Klein enkelkamer met 'n badkamer R6035.00
Groter enkelkamer met 'n badkamer R6535.00
Groot dubbelkamer met 'n badkamer: R10 860.00
(Pryse sluit kamer, maaltye en skoonmaakdienste in.)
Kontak Celma Pretorius by 053 831 5815 of Alet Pilcher by 053 842 1141 of Irma van As by 053 842 1141 vir meer inligting.

Friday, 27 April 2018

Pryse van verblyfopsies...















Die verswakte afdeling: R7200.00 per maand (etes ingesluit, sowel as die versorging deur opgeleide personeel.)
Daar is verskillende verblyfopsies beskikbaar. (Pryse sluit kamer, maaltye en skoonmaakdienste in.)
Kamers sonder badkamers R5400,00
Klein enkelkamer met 'n badkamer R6000.00
Groter enkelkamer met 'n badkamer R6500.00
Klein dubbelkamer met 'n badkamer: R10 400.00
Groot dubbelkamer met 'n badkamer: R10 800.00
2-slaapkamerwoonstel met badkamer en kombuisie: R7000.00 (maaltye uitgesluit)
Kontak Celma Pretorius by 053 831 5815 of Alet Pilcher by 053 842 1141 vir meer inligting.