Tuesday 16 January 2024

Kom kuier heerlik saam met die Veterane Bystandfonds


Die Veterane Bystandfonds is tans besig met 'n landswye uitreik na alle provinsies in SA en bied GRATIS maaltye, musiek deur Philip Moolman, bederfsakkies en gratis inkopie-geskenkbewyse eksklusief aan Nasionale Diensplig-veterane.

Veterane in Kimberley word hartlik uitgenooi om hierdie heerlike bederf-geleentheid GRATIS by te woon, op Donderdag 18 Januarie 2024 vanaf 10h00 tot 13h00, in Kimberley. Bring jou ID en SASSA-kaart saam, en ontvang `n GRATIS inkopie-geskenkbewys ter waarde van R500,00! (Veterane wat nie SASSA-pensioenarisse is nie, is ook welkom om die funksie by te woon, maar sal nie in aanmerking kom vir die gratis inkopie-geskenkbewyse nie.)

Om jou GRATIS plek te bespreek, SMS die woord “Kimberley” na 31429, of Whatsapp “Kimberley” na 073 868 0781. (Die Veterane Bystandfonds se besprekingskantoor sal jou dan skakel, jou bepreking bevestig, aanwysings verskaf en al jou vrae beantwoord. Bespreek gerus spoedig. Sitplekke is beperk.)

Slegs vir manlike, Nasionale diensplig-veterane (manne wat destyds deur die wet verplig was om Nasionale Diensplig te verrig.)

Algemene in ligting oor die Veterane Bystandfonds:

Die VBF is 'n nie-winsgewende maatskappy, nie 'n militêre organisasie, klub of vereniging nie, het geen lede nie, hef geen lidmaatskapfooie en bied geen lidmaatskapsvoordele aan nie. Hulle is ook nie geaffilieer aan enige militêre organisasie of die regering nie, en is totaal afhanklik van publieke skenkings om noodverligting aan Nasionale Diensplig-veterane te kan bied.

Hier volg 'n kort opsomming van hul aktiwiteite oor die afgelope 3 jaar:

Die VBF is in Oktober 2019 gestig. Danksy publieke skenkings was hulle binne die eerste 10 maande van hul bestaan in staat om op 'n maandelikse basis by te dra tot die verblyf en maaltye van 69 veterane in nood.

Gedurende 2020 (veral gedurende die inperking) het hulle kruideniersware aan 126 veterane voorsien, mediese sorg aan 7, klere aan 19, sowel as 24 909 maaltye. Danksy groeiende maandelikse skenkers was hulle binnekort in staat om 61 320 maaltye (gedurende 2021) te kon voorsien, byna 3 keer meer as die vorige jaar. Die totale bedrag vir noodverligting aan veterane in nood regoor die land (voedsel, klere, huisvesting en mediese sorg) het teen Februarie 2022 meer as R1,3 miljoen beloop - die einde van hul finansiële jaar vir 2021. Die syfers vir 2023 (wat in Feb. 2024 bekend sal wees) beloof om die noodverligting-syfers van vorige jare te oorskry.

Die Veterane Bystandfonds bied hul opregte dank aan elke donateur wat die maatskappy in staat stel om `n groot verskil in vele veterane se lewens landwyd te kan maak.

Vir meer inligting, besoek gerus: www.veteranebystandfonds.co.za / 0647052262 (kantoor) / 31429 (SMS)

Bron: Philip Moolman

No comments:

Post a Comment