Monday 1 January 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Gee my krag om elke dag aan te pak.

Liefdevolle Vader, U was my rots in tye van benoudheid, my vrede in tye van nood en my skuiling teen die storms van die lewe. Maar Here, soos ek ouer word, vind ek dat ek soms moeg en uitgeput raak met die lewe en ek het U nodig om my goeie en genadige Herder te wees. Gee my krag om elke dag aan te pak.

Here, U was my getroue Vriend deur soveel van my lewe. U het my deur my kinderjare gelei en was daar tydens my sorgvrye jeug. En nou in die skemerjare van my lewe is ek so dankbaar dat U my kosbare Verlosser is wat my so liefhet. Hoe kan ek U ooit genoeg dank, my Here en my God?

Ek het U so lief. Wees by my vir die jare wat voorlê en mag ek gebruik word as ‘n kanaal waardeur U liefde na ander uitstroom. Dankie, Vader, dat ek met vrymoedigheid na U troon van genade kan kom.

Ek bid hierdie in die wonderlike naam van my Here en Verlosser, Jesus Christus.
Amen

[Dankie, Ria, vir die deel van hierdie gebed.]

No comments:

Post a Comment