Monday 1 January 2024

Dankie aan elkeen wat my pad makliker maak


Baie dankie aan elke personeellid vir julle liefde, omgee, ondersteuning en positiwiteit wat so onvoorwaardelik aan ons as inwoners gegee word. Dankie dat julle 2023 die pad saam met ons geloop het. 2024 gaan sy eie unieke uitdagings hê - baie sterkte.

'n Ekstra dankie vir die personeel van die kombuis wat elke ete met ‘n glimlag op hulle gesigte die lekker kos aandra en bereid is om te help waar en indien nodig. Ons wys nie altyd dat ons julle waardeer nie, maar weet maar, dis heerlik om nie groente te skil of skottelgoed te was nie. Ons het ons hande die spreekwoordelike saligheid belowe. En daarom moet ons julle meer waardeer.

Ook die personeel van die wassery wat op een of ander manier amper altyd die regte wasgoed, by die regte eienaars, skoon terug besorg. Dankie dat julle die blou Maandag vuil wasgoed wegwerk en aan ons deure kom klop met 'n bondel skoon en vars wasgoed. Dankie dat julle dit vir ons maklik maak om altyd skoon klere in die kas te hê.

No comments:

Post a Comment