Tuesday 2 January 2024

Dinsdag-denke: Welgesteld vs arm

Eendag het ʼn welgestelde pa sy seun na die platteland gevat met die doel om sy seun te wys hoe arm mense lewe. 

Hulle het ʼn paar dae spandeer op ʼn plaas wat die pa beskou het as ʼn baie arm gesin. 

Op pad terug huis toe vra die pa vir sy seun: “En wat het jy alles geleer?” Die seun het gesê: “Dit was eenvoudig net wonderlik, Pa.” “Het jy toe gesien hoe arm mense lewe?” vra die pa “O ja,” antwoord die seun. “En wat het jy alles geleer?” vra die pa. Die seun het geantwoord: “Ek het gesien dat ons net een hond het, maar hulle het vier. Ons het ʼn swembad in die middel van ons tuin, maar hulle het ʼn hele rivier sonder ʼn einde. Ons het ingevoerde lampe in ons tuin, maar hulle het elke nag die helder sterre. Ons het ʼn patio in ons binnehof, maar hulle het ʼn hele horison sonder einde. Ons woon op ʼn erf in die stad. Hulle het landerye wat eindeloos uitstrek. Ons het bediendes om ons te bedien, maar hulle dien mekaar. Ons het mure rondom ons erf om ons te beskerm. Hulle het vriende wat hulle beskerm. Ons koop ons kos in die supermark. Hulle kweek hulle kos op hul eie grond”. 

Die pa was eenvoudig net sprakeloos! En die seun het afgesluit: “Baie dankie dat Pa vir my geleer het hoe arm ons is.”

[Lees HIER verder.]

No comments:

Post a Comment