Showing posts with label Skenkings. Show all posts

Sunday, 17 December 2023

Wil jy 'n welwillendheidsbydrae maak?

Dikwels het 'n mens 'n behoefte om uit te reik, veral oor die kersseisoen, maar jy weet nie waar, hoe en wat nie.

Jy kan nooit verkeerd gaan om 'n pakkie by enige ouetehuis af te gee nie. Daar is soveel gaatjies om toe te stop en soveel benodigdhede, dat niks wat daar afgelaai word, verlore sal gaan nie.

By die siekeboeg is daar altyd 'n behoefte aan Savlon, tandepaste, tandeborsels, babapoeier, seep, sjampoo, doeke, toiletpapier en waslappe.

In die algemeen is skoonmaakmiddels 'n welkome bydrae. Van skottelgoedwasseep tot seeppoeier vir wasgoed.

Gaan maak gerus 'n draai by ons wenslysie op die tuisblad en kyk waar lê ons groot behoeftes.

Hou asseblief ons seniors en die personeel gereeld in julle gebede. 

Sunday, 3 December 2023

Sunday, 19 November 2023

Saturday, 28 October 2023

Sunday, 15 October 2023

Wednesday, 18 January 2023

Broodnodige breibenodigdhede vir uitreikaksie

Dis miskien nou warm ... baie warm, maar 'n ysige winter lê vir ons en loer ... daarom wil ons nie onkant gevang word nie.

Mussies, kouse en serpe is hoog op die breiers se prioriteitslys om die winter vir die straatkinders meer draaglik te maak. Ons kort egter dringend wol om hierdie uitreik suksesvol te maak.

Kontak gerus vir Rina Groenewald vir enige navrae of skenkings by 082 447 3332

Tuesday, 29 October 2019

Omgeeharte deel graag omgeesakkies uit ...

Ons  lewe in moeilike tye. Emosioneel, finansieel en spiritueel. Dis 'n mondvol, maar in kort kom dit daarop neer dat ander se probleme en moeilike omstandighede móét vir my saak maak.

Pablo Casals het baie jare terug al gesê: "In omgee lê die lewe se diepste betekenis."

Omgee is sonder ego en dit beweeg altyd uitwaarts. Iemand wat omgee, besef en verstaan ʼn ander se nood en behoefte, en voorsien dan so goed as moontlik in daardie behoefte. Een van hierdie agtergrondwerkers is Francois Crauwcamp. 'n Stille werker wat 'n berg of liewer 'n ton mieliemeel verskuif, sonder dat 'n haan daarna kraai.

So oor die provinsie se grense heen werk hy en daarom die groot dankie. 'n Stewige bord Vrystaatse mieliepap sit net daardie ekstra sonenergie in die rustende ou bene ...

Hier staan Lerato Motshabi, Poppie Riet en Sina de Bruyn in die kombuis van Ons Huis waar een van die stoppunte was.

Dankie Francois dat jy ons nie verbygegaan het nie!

Saturday, 10 August 2019

Dankie vir omgeeharte!

Helpende hand skenk aan ACVV Ons Huis 40kg wildsvleis. Baie dankie vir julle omgee. Dit word opreg waardeer.

Friday, 14 June 2019

n Groot-uit-die-hart-dankie vir omgeeharte

Laerskool Eureka se leerders bring 'n blombesoek aan Ons Huis. Nie net het hulle die inwoners met heerlike eetgoed bederf nie, maar Kersfees het inderdaad vroeg gekom. Hulle het 'n plat skerm TV-stel, 'n DVD-speler, linne en 'n elektroniese Bybel geskenk. Dankie dat julle ons inwoners na waarde skat. Julle moet die vakansie geniet en onthou: Julle is altyd welkom by Ons Huis!! Nog foto's hier.

Thursday, 18 April 2019

Ons Huis se omgeebreiers ...

Almal het bruikbare talente en elke oggend sit die breigilde van Ons Huis en omskep bolle wol in welkome warm winterstruie. Die blínk in die ontvangertjies se oë, is die medikasie vir rumatiekvingers om die breinaalde klikkend te laat praat.

Hierdie weldoeners van ACVV Ons Huis in Kimberley het op 8 April 2019 hierdie truie aan die minderbevoorregte kinders van ACVV ya Tshepo Creche in Leratopark oorhandig.