Thursday 18 April 2019

Ons Huis se omgeebreiers ...

Almal het bruikbare talente en elke oggend sit die breigilde van Ons Huis en omskep bolle wol in welkome warm winterstruie. Die blínk in die ontvangertjies se oë, is die medikasie vir rumatiekvingers om die breinaalde klikkend te laat praat.

Hierdie weldoeners van ACVV Ons Huis in Kimberley het op 8 April 2019 hierdie truie aan die minderbevoorregte kinders van ACVV ya Tshepo Creche in Leratopark oorhandig.

 



No comments:

Post a Comment