Showing posts with label Covid-19. Show all posts
Showing posts with label Covid-19. Show all posts

Thursday, 23 June 2022

Die afgelope twee jaar ...

Iewers, êrens, Here, het die lewe elkeen van ons hierdie afgelope 2 jaar onderstebo gestamp. Ons masker kom nie net meer tot by ons mond nie, Here. Dit maak party dae sommer ons hele gesig toe. En ons hart. Want, ons harte het seergekry in hierdie tyd. Elkeen van ons se seerkry het 'n ander naam. Maar, ons trane, ons bang en ons onsekerwees is dieselfde.

Iewers, êrens was elkeen van ons deur die laaste tyd die slagoffer van iets wat so baie "unfair" was. 'n Werk wat weg is, siekte, goed agterlos en trek, plaasaanvalle, die dood van 'n geliefde ... En in ons harte skreeu dit uit dat alles so verskriklik "unfair" is, Here. In ons harte wonder ons of ons ooit oor hierdie berg gaan kom, die berg wat so swaar diep hier binne ons gaan lê het. Ja, Here. Die seerkry van hierdie lewe het ons hard getref!

En soos wat die tyd aanstap, begin ons die stukkies weer optel. En iewers langs die alleenpad verander ons in oorlewendes. Ek hou niks van die woord "oorlewende" nie, Here. Dit klink so effentjies. So al asof mens in 'n stormpyp beland het en die lewe jou iewers op 'n sypaadjie uitgespoeg het ... En daar oorleef jy maar.

In U oë verander hartseer en pyn U kinders in "Warriors". 'n "Warrior" is 'n vegter, 'n soldaat, iemand wat langs die pad geleer het hoe om op te staan, aan te gaan en weer te leef. Iemand wat die vaardighede aangeleer het om terug te baklei in die lewe se "unfair" oomblikke.

Wanneer ons so weerloos en magteloos op die lewe se sypaadjie lê, is dit U wat stil by ons kniel en ons ophelp. Dit is U wat ons vashou en troos, wanneer ons soos drenkelinge aan U vasklou. Dit is U wat dag na dag, oomblik vir oomblik, vir ons leer om weer die klein eenvoudige dingetjies te waardeer, om elke stukkie brood wat U vir ons neersit, raak te sien, en dankie te sê.

Here, dankie. Dankie vir U genade, want dit is vir my genoeg ...

Amen.
[Oorgeneem]

Wednesday, 1 September 2021

Covid-19 en die mens

Sielkundiges praat van introverte en ekstroverte.
Mense wat maklik met iemand kan praat oor ... en
mense wat nie maklik kan/wil/sal praat met iemand oor ...

Alle mense raak moedeloos, op, ‘gaar’, gedaan ... en … en ...

Alle mense raak angstig, bang, depressief, hartseer, opgewonde, lusteloos, moedeloos, doelloos … en … en …

Die langdurige uitwerking van die COVID-19-pandemie op ALMAL verskil wel van persoon tot persoon! Covid-19 pandemie maak alle mense ...

Sommiges steek die effek goed weg, ander ... ander probeer dit wegsteek en misluk en ander gee net boedel oor en laat dit gaan ...

In hierdie stryd van die lewe, die godsdienstige Christenmens, soos die Geloofstryders in die Bybel, vra een of ander tyd die vraag;

Het die Here my verwerp? (Ps 77)
1.            Het jy al so gevoel?
2.            Het jy NOU so ’n gevoel?
3.            Het jy al gekom by die volgende ‘plekke’ in jou stryd en worsteling met jou ‘saak’ / “Issue” / Probleem?
(Kyk na die strategie van die jongste seunóLuk 15v17-18)
Hy het:
                        i.     Tot homself gekom
                       ii.     Tot ‘n besluit gekom om te praat met ...
                     iii.     Tot die daad van sy besluit oorgegaan:
Om op te staan ...
Om te gaan na ...

Saturday, 15 May 2021

Mooiste gebed wat iemand op facebook deel ...

"... haar oë het in my hart gaan klim, Here. 
Stukkende, verwarde oë wat sukkel om verder
as die foon in haar hand te kyk. 
Sy wil vir haar hart se mens gaan kuier,
dalk vir oulaas groet daar in die staatshospitaal. 
Maar sy sukkel om 'n permit te kry. 
En sy weet nie of die virus haar by die hospitaal se deur gaan inlaat nie.
 
Dit is asof die wind hierdie jaar oornag stormsterkte deur ons harte begin waai het, Here. 
Ons verlang na onse hart se mense wat net anderkant ons dorpie se grens bly. 
Die oom oorkant die pad se hart is stukkend oor sy bejaarde, siek vrou wat nou al vir maande in die aftree-oord se frailcare lê. 
Hy mag haar nie sien nie ... want dit is die nuwe reëls, Here. 
En sy verstaan dit nie. 
En hy ook nie. 
Hy is bang sy gaan van hom vergeet.

My buurman het vir 'n paar maande nou al net 'n stukkie van sy salaris gekry ...
en hierdie maand is daar skielik niks. 
Hoe verduidelik mens vir 'n vierjarige dat daar nie meer geld is nie ... ook nie vir kos nie? 
Hoe doen 'n mens dit, Here?

Die een na die ander winkels sluit hulle deure teen die storm daar buite ...
en binne-in hulle huise, huil hulle oor hul drome wat sommer net weggewaai het.
Binne-in hulle huise, maak hulle beangs planne om brood te kry en 'n kospakkie vir die wat vir hulle gewerk het te kan gee.
Binne-in hulle huise word die laaste geld in hopies gemaak om te kyk vir hoeveel weke daar nog ietsie oor is. 
Die storm in ons land maak merke op ons hart ... Here.
Dit steek mense se gesels en lag en saamwees weg onder 'n masker. 
Dit gaan sit in mense se oë.
Hierdie storm is besig om tot diep in ons harte te gaan kruip, Here.
En baie dae voel U so ver weg. 
Terwyl ons weet dat U eintlik naby is.
Die aanlyn-kerk sê U Woord sê so, Here. 
Maar dit maak nie ons baklei om bo te bly, makliker nie. 
Dalk is dit hoe die dissipels ook destyds gevoel het, daar alleen in hulle skuitjie,
met net die wind en die blitse en die verskriklike groot golwe om hulle. 
En toe U naderkom, het hulle gedink U is 'n spook, Here.
En toe klim U in hulle skuitjie, en maak die storm stil ... Sommer net so.
En hulle raak rustig.

Die land se storm het in ons harte gaan lê, Here. 
Ons weet nie meer wat en hoe ons moet bid nie.
Partykeer bid ons nie meer nie, ons probeer net oorleef.
Wil U genadiglik bo-oor ons land se storm kom loop en in ons harte kom inklim ... Asseblief, Here. 
Ons het nie beheer oor die storm nie.
Het nog nooit gehad nie.
Maar U het. Here ...
Dankie!! ... dat U nie vir 'n oomblik wegkyk van ons nie. 
Nie vir 'n oomblik nie.
-   Dankie dat U weet presies hoe sterk die wind in elkeen van ons se harte waai.
-   Dankie dat U presies weet hoeveel elkeen van U kinders kan dra. 
-   Dankie dat U stil in ons hart se storm instap, U arms om ons vou en saggies vir ons U vrede gee. 
U vrede wat heers oor elke storm, elke siekte, elke grens, elke hospitaalkamer, elke Frailcare ...
U vrede wat saggies om ons vou en ons help om verby die wind te kyk, en die liefde en deernis en omgee in U oë raak te sien. 
Dankie Vader dat U steeds na my hart toe stap, al sien ek net die wind en die weer om my raak. 
Dankie dat ook my bootjie in hierdie storm vir U saak maak. 
Dankie dat ook ek U stem mag hoor wat saggies vir my sê: 
Moenie bang wees nie ... Dit is Ek.
En as die GROOT "EK IS" deur my hart se storm stap, buig die blitse en die wind en die reën eerbiedig voor U neer ... Elke keer en altyd.
Daarom sal ek nie bang wees nie, want ... 
In U hande is ek veilig".

Thursday, 24 December 2020

Covid-19 se invloed op mense ...

Die COVID-19 pandemie het 'n tweede draai kom maak, nadat ons gehoop het dat die einde in sig is. Vir baie mense het die pandemie baie hartseer gebring, terwyl daar nog baie is wat die Covid-19-pad moet loop. Ons dink aan die mense na aan ons en ook aan hulle wat daagliks hul eie stryd moet stryd, veral hier rondom die feestye. 

Monday, 7 December 2020

Be ready!

We need to fight COVID-19 and Violence. #365DaysOfActiveKindness. Ons moet COVID-19 en geweld beveg. #365DaeVanAktieweOmgee

Be ready!

Sunday, 6 September 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Klik HIER om na die besondere diens uit Worcester
te luister. Dankie, Desmond, wat hierdie boodskap met
Ons Huis-lesers deel. Dit gee 'n mens 'n blik in die
lewe van ander mense. 

Thursday, 20 August 2020

Die Psalm-reeks ...

Ons is byna aan die einde van die Psalm-reeks!

Ja, die eerlike worsteling met die swaar en seer van die lewe word so intiem gedeel dat dit ‘n mens ‘intrek’ in die trauma van die Psalmis, want ons kan ook assosieer met dieselfde stryd in ons binneste.

Maar elke Psalm het ook ‘n ligstraaltjie!

Hier na die einde ervaar ons die hoogtepunt van die Psalms: lof, eer, dank, aanbidding, vrede en vreugde in God.

Die aangrypende: Die Almagtige Sterke ‘Gentle Giant’-God, buig neer om die fynste kleinste brose mens in sy krisis te help.

Mag die Psalms ‘n nuwe lied in jou hart opwek.


Tuesday, 18 August 2020

BOTTLES OF UBUNTU

Help us feed vulnerable children during COVID-19.
Your donation of soup ingredients will help a child to thrive.
Please contact your nearest ACVV office, CYCC or Drop-in Centre.

Help ons om kwesbare kinders tydens COVID-19 te voed.
'n Donasie van sopbestanddele sal 'n kind help floreer. 
Kontak asb. u naaste ACVV-kantoor, kinder- en jeugsorgsentrum of invalsentrum.

#BottlesOfUbuntu #BottelsUbuntu #YourChildIsMyChild #ChildProtection #BeskermKinders

Saturday, 8 August 2020

God voorsien in jou behoeftes ...


Dankie, Valerie Kilian, wat hierdie Covid-aktuele
video met ons deel. Kyk dit en deel dit met
mense wat voel dat hulle op hierdie tydstip in
hulle lewe die stryd alleen stry.
Wonderwerke gebeur vandag nog ...

Tuesday, 21 July 2020

Dag 117 van grendeltyd ...

Ek kan net namens myself praat:

1.  Hierdie erge teleurstelling wat die pandemie gebring en veroorsaak het, is vir my EEN GROOT BESTELLING MET GOD!

2.  Nog nooit ooit in my lewe het ek soveel tyd in 117 dae spandeer aan
       * Bybellees
       * Gebed
       * en tyd met my wederhelf nie!

3.  Hierdie krisistyd het MEER tyd met die Here - ‘n kursus met die Here geword!

Die wonder dat Rom 8:28 waar is vir elke kind van God!

Seënwense
Ds. Brahm Reyneke

Thursday, 9 July 2020

Hoor ons bid, o Heer! 

Wees barmhartig en genadig oor ons mensdom nou, tydens die COVID-19-grendeltyd.  

Ek bid U o Here: 
  • Beskerm tog ons mense teen die aansteek van die COVID-19-virus. 
  • Diegene wat aangesteek is en positief getoets is, wil U asseblief in genade hulle aanraak en genees.. 
  • Rig U kinders op om U helpende hande te wees vir 
  • Die werkloses en armes 
  • Die hongeres 
  • Die siekes ... 
  • Here, skenk asseblief U Goddelike krag, beskerming en ondersteuning  aan 
  • soveel van ons mense wat honger ly 
  • Ons regering sukkel met hulle eie finansies en kan nie oral almal help nie. 
  • Mense nader aan ons toets nou al positief 
  • Here, wees ons genadig ... 
... In Jesus Naam, Amen.  

Sunday, 5 July 2020

Sondag: Covid-19-erediens

 Luister na die diens deur ds. Jaco van Wyk
Datum: 5 Julie 2020
Baptiste Kerk Lydenburg

Saturday, 4 July 2020

Saterdag:100 dae

Dit voel vir my asof ons Saterdag sommer die een of ander viering moet hou oor die 100 dae wat agter ons lê. Ons het dit gemaak tot hier toe! Wat begin het as 21 dae, het 100 geword en daar wag dalk nog baie meer ... wie weet.

Miskien het jy dalk verlies gely in hierdie 100 dae – dalk het iemand van jou mense siek geword, dalk kon jou besigheid nie oorleef nie, dalk het jy jou al doodverlang na jou mense, na ’n lekker kuier of fliek of vakansie. Nogtans hoop ek dat jy, soos ek, op dag 100 sal terugkyk en sê: die Here het my deurgedra tot hier. Ek is lus en sit ’n klip neer, soos Samuel in 1 Sam 7. “Samuel het tussen Mispa en Sen ’n groot klip regop gesit as ’n monumentjie. Hy het die klip Eben-Haeser genoem en gesê: “Tot so ver het die Here ons gehelp.” (vers 12) 

Dis wat ek ook sê! 

Dit was nie aldag maklik nie en die ergste lê dalk nog voor. Maar vir vandag kan ek sê: tot nou toe het die Here ons gehelp. Die Filistyne het opgetrek om teen die Israeliete te kom veg. Toe die Israeliete dit hoor was hulle bang en sê vir Samuel om nie op te hou om die Here te smeek vir hulp nie. (vers 8) Ons lees dat hy ’n offer gebring het en die Here om hulp gesmeek het en dat die Here sy gebed verhoor het. As mens dít lees, dink jy dadelik: dankie tog, die Here sal die Filistyne laat omdraai en keer dat sy volk aangeval word. Maar nee, dis nie só nie! Samuel was nog bésig om te offer, toe kom die Filistyne al nader om aan te val. En ek wonder: maar het die Here dan nie Samuel se gebed verhoor nie, waar is Hy dan nou? Hy was, soos altyd, besig om te werk en om op Sý manier uitkoms en versorging en hulp te verseker. Hy het ’n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars, wat hulle só verwar het dat die Israeliete hulle kon verslaan. Die hulp het toe op ’n ander manier gekom as wat mens sou verwag. Daar wás ’n geveg, daar wás ’n donderstorm, maar die Here het die oorwinning gegee. 

Nou ja, op dag 100, kan ons, soos op dag 1, dag 50 en tot waar dit ook al gaan aanhou, voortgaan om die Here om hulp te smeek. Hy sal ons gebede verhoor. Hou moed en sit solank ’n klip neer as herinnering dat die Here ons tot hier gehelp het en ons nie nou alleen sal los om te veg en die storms te trotseer nie.

Monday, 29 June 2020

Boodskappe van hoop

Gaan luister gerus HIER na 'n na
'n besielende boodskap vanoor die land.

Saturday, 27 June 2020

Psalm-voorlesings

Gaan luister gerus na die voorlesing van die Psalms HIER
Die video van Ps. 84

Tuesday, 16 June 2020

Gebed vir hierdie dae ...

Klik HIER om te luister na
'n treffende gebed. 

Sunday, 14 June 2020

Tegniese probleme

Weens tegniese probleme is daar ongelukkig
geen opname van Dutoitspan-gemeente
om op die blog te laai nie.

Boodskappe van hoop

Gaan luister gerus HIER na 'n na
'n besielende boodskap vanoor die land.

Saturday, 23 May 2020

Die plek van liefde en lig ..

Elizma Steenkamp het 'n groepie mense toegespreek en haar boodskap is aangestuur sodat ons dit ook met Ons Huis se lesers kan deel. Haar onderwerp was: BE BRAVE - BODY, MIND  &  SOUL. 

Die belangrikste boodskap is dat ons moet hierdie tyd moet gebruik om stil te word. Ons moet in hierdie dae ’n geestelike reis onderneem na die plek waar jou liggaam, siel en gees mekaar ontmoet en waar jy in totale harmonie lewe. 'n Plek waar jy dapper genoeg is om die “stories” van skuld, angs, vrees, skande, woede en onvergenoegdheid uit jou kop te haal. Om buite jou kop te staan en in te kyk, al die negatiwiteit uit te werp en jouself te vul met God se waarheid van liefde en lig.

Die plek van liefde en lig waar jy elke dag opstaan en besluit dat die dag wonderlik gaan wees!

Die plek van liefde en lig waar jy vreesloos die einde kan sien waar jy wil wees.

Die plek waar jy goed doen aan ander, omdat jy kan.

Dié plek waar jy van jou slimpraatjies ontslae raak in ruil vir God se waarheid van liefde, lig en goedheid.

[Bron: Klik HIER vir verdere lees]

Thursday, 21 May 2020

Troef die Coronavirus

Die inperking en al die klomp WA's wat so rondgestuur word, laat 'n mens partykeer wonder en sommige kere selfs in jou alleenigheid stres. Die nuus is deesdae net slegte nuus en as 'n mens alleen in jou kamer, woonstel of huis sit, is dit nodig om net weer aan die volgende herinner te word en dat dit die normale manier is om dinge te doen.

Hier is 'n paar basiese maatreëls wat René Swanepoel gee en wat ons elkeen kan doen om die Coronavirus te troef:

Moenie paniekerig word nie.
Neem ’n griepinspuiting as jy dit met jou dokter uitgeklaar het vir die gewone griep - die winter is op ons.
Wees te alle tye versigtig - was byvoorbeeld jou hande gereeld met seep en water en vir ten minste 20 sekondes lank.
Dra ’n masker soos die reëls dit vereis en onthou dat die nasorg van die gebruikte masker baie belangrik is. 
Vermy kontak met jou eie en ander se gesigte en hande.
Moenie alles wat op die internet oor die Coronavirus verskyn, vir soetkoek opeet nie, baie is vals gerugte.
Pas op dat die baie berigte wat op die internet verskyn jou nie op hol jaag nie! Baie mense sterf dalk daagliks in ons land aan ander oorsake as die Coronavirus.
Reik uit na hulle wat minder as jy het.
Leef elke dag voluit met 'n dankbare hart.