Thursday 21 May 2020

Troef die Coronavirus

Die inperking en al die klomp WA's wat so rondgestuur word, laat 'n mens partykeer wonder en sommige kere selfs in jou alleenigheid stres. Die nuus is deesdae net slegte nuus en as 'n mens alleen in jou kamer, woonstel of huis sit, is dit nodig om net weer aan die volgende herinner te word en dat dit die normale manier is om dinge te doen.

Hier is 'n paar basiese maatreëls wat René Swanepoel gee en wat ons elkeen kan doen om die Coronavirus te troef:

Moenie paniekerig word nie.
Neem ’n griepinspuiting as jy dit met jou dokter uitgeklaar het vir die gewone griep - die winter is op ons.
Wees te alle tye versigtig - was byvoorbeeld jou hande gereeld met seep en water en vir ten minste 20 sekondes lank.
Dra ’n masker soos die reëls dit vereis en onthou dat die nasorg van die gebruikte masker baie belangrik is. 
Vermy kontak met jou eie en ander se gesigte en hande.
Moenie alles wat op die internet oor die Coronavirus verskyn, vir soetkoek opeet nie, baie is vals gerugte.
Pas op dat die baie berigte wat op die internet verskyn jou nie op hol jaag nie! Baie mense sterf dalk daagliks in ons land aan ander oorsake as die Coronavirus.
Reik uit na hulle wat minder as jy het.
Leef elke dag voluit met 'n dankbare hart. 

No comments:

Post a Comment