Ma is ...
die Engel wat lewe skenk aan 'n kind,
die een wat
jou die pad na die Hemel help vind.
'n Ma is ...
die een wat haar arms om jou
vou,
die Hen wat haar kuikens bymekaar kan hou.
'n Ma is ...
die een wat ons
altyd in haar hart hou,
die een wie se liefde ons altyd sal onthou.
Geen ander
plek waar ons liefde kan vind,
as die liefde tussen 'Ma en Kind'.
'n Ma is ...
die een persoon wat altyd in ons glo,
en ons geleer het van ons Vader daarbo!
'n Ma is ...
die een mens wat altyd mooi dinge van jou sê,
die een persoon wat
al haar kinders ewe veel lief kan hê ...
'n Ma verstaan haar kind se hart
en
troos in tye van hartseer en smart.
En as Ma eendag by God gaan rus,
sal ek
weet dat die mooiste Engel ... my Ma is.
Gelukkige Moedersdag!!!!
Brenda
[Gaan loer HIER]
No comments:
Post a Comment