Showing posts with label Netwerk24. Show all posts
Showing posts with label Netwerk24. Show all posts

Saturday, 7 December 2024

Maak "'n Max Lucado-gedagte" deel van jou daaglikse lewe (Deel 2)

Max Lucado spreek direk tot 'n mens se hart. Sy preke, verhale en gedagtes is 'n moet vir elkeen om te lees. Jare terug was daar gereeld van sy bemoedigende waarhede op Netwerk24 onder Mini-kuier beskikbaar. Dit is met toestemming uit sy boeke gepubliseer. Hier is 'n paar skakels na hierdie juwele wat vandag net so relevant is.

Het jy hoofstuk 1-5 gemis?
Klik HIER om hoofstuk 1-5 te lees.

Klik HIER vir tatoeëerwenke!

Klik HIER vir die kruidenierswaremandjie.

Klik HIER vir dankbaarheid.

Klik HIER om meer oor DIT te wete te kom.

Klik HIER om meer oor familieskandale te lees.

Saturday, 30 November 2024

Maak "'n Max Lucado-gedagte" deel van jou daaglikse lewe (Deel 1)

Max Lucado spreek direk tot 'n mens se hart. Sy preke, verhale en gedagtes is 'n moet vir elkeen om te lees. Jare terug was daar gereeld van sy bemoedigende waarhede op Netwerk24 onder Mini-kuier beskikbaar. Dit is met toestemming uit sy boeke gepubliseer. Hier is 'n paar skakels na hierdie juwele wat vandag net so relevant is.

Klik HIER om die sakgebed te lees.

Klik HIER om Jenna se storie te lees.

Klik HIER vir die leesstuk

Lees HIER om uit te vind wat beperkte monitering nodig beteken.

Lees HIER oor siektes en sondes wat indringers is.

Bonus: nog 'n hoofstuk 2
Klik HIER vir die verhaal.

Saturday, 2 September 2023

'n Lentebesoek van ons eie engele

Vandag is daar 'n onderhoud in Netwerk24 met Annie Olivier. Sy was 'n voormalige joernalis, onder andere by Beeld en deesdae is sy 'n uitgewershoof by Jonathan Ball. 

Een van die vrae wat sy in die onderhoud moes antwoord was wie haar helde in die ware lewe is.
Gewone mense wat op 'n mikrovlak 'n verskil maak - in ouetehuise en kinderhuise, dié wat gereeld vir 'n goeie doel skenk, dié wat hul huis- en tuinwerkers regverdig vergoed. Elke mens wat help waar hulle kan.

En Annie Olivier se antwoord het my onmiddellik aan Ons Huis se Angels laat dink. Op mikrovlak het hulle vandag 'n verskil aan die inwoners se bestaan gaan maak. Dis die tweede dag van die amptelike lentemaand en daarom was dit gepas dat die Angels besluit het om vrugte en jogurt deel van hul kuiertjie te maak.

Vandag was dus so half 'n verlengde lentedag.

Talana, Millie, Percy, Betsie en Christa

Cherine, Millie, Percy, Betsie en Christa