Sunday 31 May 2020

Nasionale biddag vir COVID-19

Klik HIER


Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Die gevolge van vervulling van die Heilige Gees in my lewe.

Skrifgedeeltes: Handeling 2 en Handelinge 4

Ons gaan ook vandag Nagmaal gebruik - luister dus eers na die VERSOEK HIER.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 31 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Saturday 30 May 2020

Ons het plek beskikbaar!


Is ek eveready?

Lees gerus weer die stukkie HIER .

Is dit regtig nodig om te bid ...

Is dit regtig nodig om te bid as God dan God is en in elke geval maak wat Hy wil?

Maak gebed WERKLIK enige verskil?

Aan die ander kant: “Ek kan nie bid nie … ek is nie altyd lus om te bid nie ... ek het nie die gawe om te bid nie ...”

Luk 11:1  En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. 

Luk 11:2  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 
Luk 11:3  gee ons elke dag ons daaglikse brood; 
Luk 11:4  en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose …

Thursday 28 May 2020

Gebed n.a.v. Ps 61


Here, al voel dit of U ver van my is, vra ek vir U, lei my na die rots wat hoër is as ek. Lei my na die rots wat te hoog is vir my ... Here, lei my na ‘n moeilike Nuwe-Vars-Uitdagende taak, sodat ek in afhankliheid van U die onmoontlike moontlik kan maak!  Ek kan nie Here maar ek kan want U kan! Amen


Wednesday 27 May 2020

Leef 'n Geesvervulde lewe (eBoek)

Mag julle hoop al hoe sterker word deur die krag van die Heilige Gees! Romeine 15:13

Gelowiges is soms onseker oor die werking van die Heilige Gees in hulle lewe. Hulle voel dat hulle die Vader ken, en die Verlosser, maar nie die Heilige Gees nie. As gelowiges wat in die Pinksterbedeling leef, hang ons geestelike volwassenheid af van ons vervulling met die Heilige Gees. 

Ons moet die derde Persoon in die Drie-eenheid leer ken en Hom voortdurend nooi om aan die stuur van ons lewe te staan sodat ons uiteindelik die lewe kan leef wat God wil hê ons moet. Dit is waarmee die 30 oordenkings in LEEF ’N
GEESVERVULDE LEWE elke leser veral sal help: om die Heilige Gees te leer ken en Hom in jou lewe in te nooi, sodat jy waarlik Geesvervuld kan leef. 

Dirkie van der Spuy sal jou help om die lewegewende waarheid oor die Heilige Gees jou eie te maak.

They hold their hearts for a lifetime ...


Tuesday 26 May 2020

Kort en kragtig ...

Lees die res HIER. (Ps. 60)

Besoek gerus ons "PAGE" Druppels van Hoop HIER.

Sunday 24 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Die Heilige Gees in my lewe

Subtema: Begeer jy om geesvervuld te wees?

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 24 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Innige meegevoel

Ons innige meegevoel aan ds. Brahm Reyneke en sy gesin met die afsterwe van sy moeder gisteraand in Kaapstad. Hy het vir haar 'n kosbare geskenk gegee deur elke dag vir haar in die grendeltyd 'n Psalm voor te lees en op hierdie manier het hy afstand oorbrug.

Baie genade in hierdie besondere moeilike tyd en groot waardering vir die Psalm-voorlesings wat jy met Ons Huis gedeel het.

Ons bid vir vertroosting en baie genade.

Druppels hoop uit die Psalms

Gaan lees die Psalms HIER - dag 57

Saturday 23 May 2020

Die plek van liefde en lig ..

Elizma Steenkamp het 'n groepie mense toegespreek en haar boodskap is aangestuur sodat ons dit ook met Ons Huis se lesers kan deel. Haar onderwerp was: BE BRAVE - BODY, MIND  &  SOUL. 

Die belangrikste boodskap is dat ons moet hierdie tyd moet gebruik om stil te word. Ons moet in hierdie dae ’n geestelike reis onderneem na die plek waar jou liggaam, siel en gees mekaar ontmoet en waar jy in totale harmonie lewe. 'n Plek waar jy dapper genoeg is om die “stories” van skuld, angs, vrees, skande, woede en onvergenoegdheid uit jou kop te haal. Om buite jou kop te staan en in te kyk, al die negatiwiteit uit te werp en jouself te vul met God se waarheid van liefde en lig.

Die plek van liefde en lig waar jy elke dag opstaan en besluit dat die dag wonderlik gaan wees!

Die plek van liefde en lig waar jy vreesloos die einde kan sien waar jy wil wees.

Die plek waar jy goed doen aan ander, omdat jy kan.

Dié plek waar jy van jou slimpraatjies ontslae raak in ruil vir God se waarheid van liefde, lig en goedheid.

[Bron: Klik HIER vir verdere lees]

Thursday 21 May 2020

Ons is geseënd ...


Hemelvaart ...



Troef die Coronavirus

Die inperking en al die klomp WA's wat so rondgestuur word, laat 'n mens partykeer wonder en sommige kere selfs in jou alleenigheid stres. Die nuus is deesdae net slegte nuus en as 'n mens alleen in jou kamer, woonstel of huis sit, is dit nodig om net weer aan die volgende herinner te word en dat dit die normale manier is om dinge te doen.

Hier is 'n paar basiese maatreëls wat René Swanepoel gee en wat ons elkeen kan doen om die Coronavirus te troef:

Moenie paniekerig word nie.
Neem ’n griepinspuiting as jy dit met jou dokter uitgeklaar het vir die gewone griep - die winter is op ons.
Wees te alle tye versigtig - was byvoorbeeld jou hande gereeld met seep en water en vir ten minste 20 sekondes lank.
Dra ’n masker soos die reëls dit vereis en onthou dat die nasorg van die gebruikte masker baie belangrik is. 
Vermy kontak met jou eie en ander se gesigte en hande.
Moenie alles wat op die internet oor die Coronavirus verskyn, vir soetkoek opeet nie, baie is vals gerugte.
Pas op dat die baie berigte wat op die internet verskyn jou nie op hol jaag nie! Baie mense sterf dalk daagliks in ons land aan ander oorsake as die Coronavirus.
Reik uit na hulle wat minder as jy het.
Leef elke dag voluit met 'n dankbare hart. 

Monday 18 May 2020

Sunday 17 May 2020

Sondag: Covid-19-erediens


Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Jou dwaas

Skriflesing: Hand. 9:1-22 en Jak. 2:14-26
           
Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Mei 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Dr. David Jeremiah - "Shelter in God"

Pay a visit to YouTube
As we move through coronavirus pandemic of 2020 and begin to think of its impact and effect, many people are asking what is going to happen next. Some are predicting the worst. “The world will never be the same,” they say. “We’ll never go back to normal.” The pessimism about the impact of this pandemic is almost as bad as the pandemic itself. So what do you say to those who predict such a dire post-pandemic life? I am not a prophet nor the son of a prophet - although I do have a prophet’s name. I cannot tell you all that God is going to do with this time of sheltering. But I can tell you what God has done during and after times of sheltering in the past. And once you review the truth of history as I have described it below, I think you will know what He is going to do this time.

[David Paul Jeremiah is an American conservative evangelical Christian author, founder of Turning Point Radio and Television Ministries and senior pastor of Shadow Mountain Community Church, a Southern Baptist megachurch in El Cajon, California, a suburb of San Diego]

Thursday 14 May 2020

God se geheime ...


“... op die maat van musiek praat ek met julle oor God se geheime.” (Ps. 49:5, Die Boodskap)

Het dit ook al met jou gebeur dat die Here gedurende die lofprysing of terwyl jy geestelike musiek luister ’n nuwe gedagte in jou hart laat posvat? So asof die Here dán spesiaal met jou praat. Onder die geklank van die musiek het hierdie Psalmskrywer een van God se geheime kom ontbloot. Dié geheim is dat geld niks werd is nie, dat God se guns en genade nie daarmee gekoop kan word nie, dat dit jou nie uit die dood kan red nie, dat alles wat jy bymekaargemaak het agter bly wanneer jy die tydelike met die ewige verwissel. “Wat help dit dat hulle die hele wêreld aan hulle voete het met hulle baie geld? Op die ou end stap hulle met leë hande uit hierdie wêreld uit.” (Ps. 49:17) En soos Pred. 4:8 sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?” Ook hier kom dit tot niks. Dit bly 'n harde saak.” Gejaag na meer en meer geld en goed is ’n gejaag na wind. Doen wat jou hand vind om te doen en wees tevrede met wat jy het. As jy kos en klere het, moet jy daarmee tevrede wees sê 1 Tim 6:8. Die geheim is uit! Maak jou skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes en diewe dit nie kan bykom nie – dís die tipe belegging wat al ons aandag behoort te geniet. Die opbrengs daarvan is verseker en dis groot! ~ Wilna Botha, 28/11/2017

Webruimte (www.heuning.co.za)

Wednesday 13 May 2020

Jou daaglikse pil ...

Klik HIER vir die daaglikse PIL

Druppels hoop vir ons elkeen ...

Onthou om elke dag HIER 'n draai te maak en dan hierdie druppels hoop deel van jou alledaagse lewe te maak. [Onthou om af te rol om by die regte dag uit te kom - elke Psalm verteenwoordig 'n dag.]

Lei my Heer ...


Monday 11 May 2020

Geniet die lewe

Die mooiste glimlag verberg die grootste hartseer;
Die sagmoedigste mense is al die ergste verneder;
Die mooiste oë het al die emmers vol trane gestort;
Die warmste harte het al die meeste pyn gevoel;
Die stilste mense het die diepste geheime;
Die wat die gouste oordeel, het die meeste geraamtes;
Dié wat die hardste lag, verberg die minste selfvertroue;
Die mooiste liefde is nie selfsugtig nie;
Die mooiste sprokie is die een in jou drome;
Die beste plek om in te wees, is in iemand se hart;
Die gelukkigste mense is die dankbaarste;
Die beste dokters is die mammas;
Die lekkerste gevoel is om verlief te wees;
Die mooiste woorde is “Ek is lief vir jou.”;
Die beste dinge in die lewe is gratis;
Die beste pad is die een waarop jy die meeste geleer het;
Die edelste mense het die swaarste pad geloop;
Die meeste aanmoediging kom van jou beste vriende;
Die waardevolste lesse word geleer deur ons grootste seer;
Die wonderlikste geskenk is die geskenk van die lewe;
Die onmoontlikste dinge is moontlik omdat ons glo;
Die grootste waarborg kry ons in ons geloof.

[Heil die skepper van hierdie waarhede.
Willie F van Tonder
2012/04/05]

Sunday 10 May 2020

Gelukkige Moedersdag

Ma is ...
die Engel wat lewe skenk aan 'n kind,
die een wat jou die pad na die Hemel help vind.

'n Ma is ...
die een wat haar arms om jou vou,
die Hen wat haar kuikens bymekaar kan hou.

'n Ma is ...
die een wat ons altyd in haar hart hou,
die een wie se liefde ons altyd sal onthou.

Geen ander plek waar ons liefde kan vind,
as die liefde tussen 'Ma en Kind'.

'n Ma is ... 
die een persoon wat altyd in ons glo,
en ons geleer het van ons Vader daarbo!

'n Ma is ...
die een mens wat altyd mooi dinge van jou sê,
die een persoon wat al haar kinders ewe veel lief kan hê ...

'n Ma verstaan haar kind se hart
en troos in tye van hartseer en smart.

En as Ma eendag by God gaan rus,
sal ek weet dat die mooiste Engel ... my Ma is.

Gelukkige Moedersdag!!!!
Brenda

[Gaan loer HIER]

Friday 8 May 2020

Heimweë-verlange ...

Heimwee-verlange is nie ‘n ‘kop-ding’ nie. DIt is veel meer as net die blote verstaan en verduideliking van hierdie begrippe.

Heimwee-verlange is ‘n ‘hart-ding’. Dit raak die emosie-gevoel van my ‘binneste’ mens.

Heimwee-verlange ‘tree in werking’ net na jy ‘n geliefde gegroet en dan is daar ‘n ‘leegte’. ‘n ‘Oop kol’. ‘n Plekkie wat ‘gevul’ was maar nou ‘leeg’ is.

Tydens hierdie  COVID-19-pandemie is hierdie ‘heimwee-verlange’-ding op die lang duur gevaarliker as die virus self!

Die mens is ‘n verhoudingswese omdat God ‘n Verhoudingsgod is.  Sielkundiges praat daarvan die mens ‘n ‘kudde-wese’ is.

Ons ‘behoort’ aan mekaar. Ons kan nie sonder ander mense regtig sinvol bestaan en voortbestaan nie!

Die COVID-19-pandemie is besig om die hele mensdom te beroof van HIERDIE lewensbelangrike ‘Life Line’ in die bestaan en voortbestaan van ons almal.

Rom 14:7  Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie. 
Rom 14:8  Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Die mens wat nie ‘smag’ na God se nabyheid, intieme gemeenskap met Hom nie, is so ‘n mens eintlik nie werklik in ‘n ‘huweliksverhouding’ met Hom nie?

Gaan lees "Druppels van hoop - Ps. 42" Klik HIER

It is life ...


Thursday 7 May 2020

40 days forward on Psalms!


Share & care ...

God is not interested in our Comfort, but in our Character! Character, like Gold, is purified ONLY by fire!

Kan dit wees dat COVID-19 die harde kors van ons harte afgekrap het sodat ons nou eers begin besef dat daar mense is wat werklik in groot ellende verkeer!

Asof die twee klein woordjies  “Share & Care” nuwe betekenis begin kry! Meer mense begin nou bid, nie net vir hulleself nie, maar vir ander in nood!

Hoor u ook in jou gees die noodroepe van pyn en honger dag en nag, ver en nou al hoe nader?

Sal ons regdeur die nag opstaan en bid om die lewe van ons kinders wat op die hoeke van die
vergaan …?

Klaagliedere 2:18-22  Hulle hart roep na die HERE. Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos ‘n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie, laat jou oogappel nie rus nie.  Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.  Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?  Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval; U het hulle gedood op die dag van u toorn, U het geslag sonder verskoning.  U het soos op ‘n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die HERE se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het—my vyand het hulle omgebring ...

Klaagliedere 3:19-24  Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wilde-als en die gif.  As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.  Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;  hulle is elke môre nuut; u trou is groot.  Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.

Gaan lees gerus HIER die gedagtes by elke dag se Psalm.

Gaan lees Ps. 41 se stukkie  HIER. 

Wednesday 6 May 2020

Is ons werklik nog hoopvol?

In ons dag, NOU!
Is daar nog hoop?
Is ons werklik nog Hoopvol?
Of is ons stadig maar seker besig om geleidelik alle hoop te laat vaar?

‘n Bottel water wat lank op ‘n rak stilgestaan het, vertoon mos suiwer-skoon!

Wanneer hierdie bottel egter geskud sou word, dan verander sake! Dan kom die afsaksels los en die vuiligheid wat bo gedrywe het, meng met die afsaksels! En hoe langer en hewiger die skud aangaan, hoe minder skoon vertoon hierdie water ... die ‘skoon’ water vertoon nou vuil!

Soos ‘n skip wat besig is om te sink.
Waar kom die rotte skielik vandaan?
Hulle was nog altyd op die skip.
Eers wanneer die skip begin sink, verskyn hulle op die toneel!

So, die vraag is dus, wat is in ons TE ALLE TYE?

Kan ons ENIGE TYD uithaal en wys?

Lees gerus die aanhangsel HIER.

Sunday 3 May 2020

Predikers se boodskappe van hoop ...

Preke is saamgegroepeer onder die bladsynaam:
"Predikers se boodskappe van hoop". Gaan maak
gerus 'n draai daar en luister na een van die besielende preke.

 Preke word deur Ons Huis-lesers van oraloor aangestuur - baie dankie!

Friday 1 May 2020

Nuwe grendeltyd-woorde

Inperkbeserk-Hy is vandag so gefrustreerd dat hy sommer in ‘n boom sal klim net om beter te wil voel.
Koronamouna-Iemand wat tydens die inperking heeldag sy lot bekla.
Pandemiepremie-Die prys wat die land, ons elkeen, betaal vir die ekonomiese inperking.
Koeshoes-Ek koes deesdae wanneer iemand hoes.
Grendelswendel-‘n Skelmstreek waarmee iemand jou wil vang.
Aankoudend-Ek is heeldag aan die kou en kan nie ophou kou nie.

Lees HIER verder.

Smile ...