Monday 30 December 2019

Is u dringend op soek na blyplek?

Kontak Ons Huis Kimberley - 065 564 0381
of
danel@acvv-kimberley.co.za

'n Verskeidenheid opsies is beskikbaar. Kyk ook na die loseerderopsie. Kom maak gerus 'n draai by Ons Huis en kom vergewis uself van die verskillende moontlikhede.

2019: Groeteboodskap

Met 2019 by ons agterdeur is dit vir ons 'n groot voorreg om elkeen van ons donateurs, borge en vriende uit ons harte te bedank vir hulle gebede, besoeke, donasies, eetgoed en ondersteuning in watter vorm ookal die afgelope jaar. Ons Huis het voor unieke uitdagings te staan gekom, maar ons staan weereens aan die einde van 'n geseënde jaar en kan ons met dankbaarheid terugkyk.

Dankie vir elkeen se bydrae.

Thursday 26 December 2019

Saturday 21 December 2019

'n Grondpadjaar ...

Daar was dae wat ek die mooiste view gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop om net op 'n beter plek te kom as gister ... soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie. Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai ... Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk, van hulle het ek op pad verloor, maar dis okay ... daar was dorings wat my vele kere gesteek het, sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie … maar dis ook okay ...
Dit was n lang pad,
soms sonder water,
soms sonder suurstof,
soms met geskeurde skoene maar dit was 'n goeie pad …
Iets geleer? Absoluut!
* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie, maar wel net saam met jou ...
* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie ...
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie ...
* Dat min mense jou enduit gaan help ...
* Dat beloftes soms leë woorde is ...
* Dat opgee nooit n opsie is nie ...
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê ...
* Dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan,
   omdat hulle dit nie vir jou gun nie....
* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat
   mens regtig wil bereik nie ...

Ja, daar was goed én sleg, maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê ...

Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het - ek het by elkeen iets geleer.
Wat nou voorlê, weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:
* Ek beter skoene moet kry
* 'n Groter rugsak
* Meer water en
* Soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak ...
Reis veilig ...
wees lief vir mekaar ...
help mekaar ...
droom saam ...
lag saam ...
maak tyd vir mekaar ...

Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2019 kon dra ...
Mag die Here ons lei op die onbekende pad van 2020
en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie ...
Mag die laaste dae van 2019 net vol sonskyn en liefde wees
en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.
Mag 2020 gevul wees met die keur van Sy seëninge in jou lewe.

Friday 20 December 2019

Kersfees is 'n tyd om te gee ...

  • Ons Huis benodig die volgende: 

BESOEKERS en kuiermense so welkom
BOEKE vir die biblioteek
BORDSPELETJIES - skaakstelle 
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Steggies en bemesting vir die tuin 
Tuinmeubels
Toiletware
Tydskrifte
Vrywilligers wat sal kom lees
Verf en verfkwaste - daar is niks soos verf om nuwe lewe aan 'n item te gee nie.

Desembermaand: 
Borg ‘n inwoner se kersete .
Borg ‘n kersgeskenk.
Vrywilligers wat kan help met die opmaak van die eetsale en bediening van die kersete om dit meer huislik in Ons Huis te maak.



U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Thursday 19 December 2019

Wednesday 18 December 2019

Remember to smile today ...


Ontspanning is 'n goeie breinaktiwiteit

Bordspeletjies en inkleurwerk kan 'n lang dag baie gou korter maak. Dankie aan Elmari Guy vir die bordspeletjies.

Tuesday 17 December 2019

Plek beskikbaar by Ons Huis

Klik op die prent om die pryse duidelik te sien. Kontak ons gerus om meer uit te vind. Kom vergewis uself van die omgewing, geriewe en vriendelike personeel.

'n Dankie-gedagte ...

Kersfees is 'n tyd waar 'n mens 'n bietjie stilstaan en dankie sê vir al die mense wat deur die jaar jou pad gekruis het. In ons besige lewens laat ons hierdie belangrike gebaar baie keer na.

Die personeel van Ons Huis is altyd  vriendelik en liefdevol. Hulle werk met soveel deernis en omgee met die inwoners. Die afgelope naweek is daar vir elkeen van hulle so 'n dankie-pakkie van Welkom gegee. Op die foto is van die personeel wat dié naweek nagdiens in die verswakte afdeling gedoen het. Op die foto is Bernice Nyl, Virginia Madibane, Lady Tshipinyane en Maryna Davids. 

Daar is ook vir die inwoners in hierdie afdeling so 'n pakkie gegee. Dankie vir Karin Herbst, Ronell van Wyk, Shamany Cloete en Sarah Welman vir hulle bydraes. Dit word baie waardeer. 'n Groot dankie aan die personeel wat so getrou hierdie belangrike werk 24/7 doen.











Monday 16 December 2019

Monday 2 December 2019

If I Had My Life to Live Over Again

I would try to make more mistakes next time…
I’d try not to be so damned perfect;
I’d relax more, I’d limber up,
I’d be sillier than I’ve been on this trip;
In fact, I know of very few things I’d take quite so seriously;
I’d be crazier … and I’d certainly be less-hygienic;
I’d take more chances … I’d take more trips …
I’d climb more mountains … I’d swim more rivers …
And I’d watch more sunsets;
I’d burn more gasoline,
I’d eat more ice cream – and fewer beans;
I’d have more actual troubles and fewer imaginary ones,

You see, I was one of those people who lived prophylactically and sensibly,
hour-after-hour and day-after-day;
Oh, that doesn’t mean I didn’t have my moments,
But if I had it to do all over, I’d have more of those moments,
In fact, I’d try to have nothing but wonderful moments, side-by-side.

I was one of those people who never went anywhere without a thermometer,
a hot water bottle, a gargle, a raincoat and a parachute;
If I had it to do all over again, I’d travel lighter next time.

If I had my life to live all over again,
I’d start barefoot earlier in the spring
and I’d stay that way later in the fall;
I’d play hooky a lot more;
I’d ride more merry-go-rounds, I’d pick more flowers,
I’d hug more children,
I’d tell more people that I loved them,
If I had my life to live over again;
But, you see, I don’t.”

Source: Credited to a number of people, but commonly to Nadine Stair, age 85, Lousville, USA