Showing posts with label Nostalgie. Show all posts
Showing posts with label Nostalgie. Show all posts

Friday, 15 August 2025

Onthou julle nog? Een van die lesers het die volgende aangestuur:

Onthou julle daardie tyd toe die meisies nog minirokkies met sulke oppof-moue gedra het? Daardie crimplenerokke wat saam met hoë-polfy skoene gedra is en die meisies wat na oliekolonie geruik het? Die klein katoen-sakdoekie met pienk geborduurde blommetjies in die hoek, het ook na parfuum geruik. Daardie einste sakdoekie was onder die dun bandjie van 'n ewe klein petite Lanco- of Rotary-polshorlosietjie ingeskuif.  

Daardie tyd toe 'n man nog sy meisie inry toe kon vat in 'n 1963 Ford Barracuda of in oorle Oupa se Ford Fairlane ... met een lang sitbank voor. (Daai karre se gear-lever was langs die stuurwiel gemonteer en been- en beweegruimte was onbeperk!)

Die tyd toe jongmanne nog kortbroek safaripakke gedra het met hul hare vol Brylcreem gesmeer. Die swart plastiekkammetjie was netjies by die regterbeen se kous ingesteek. Iewers in jou broeksak het jy pienk of swart liquorice droplekkertjies versteek. Soms was die drops vervang met 'n pakkie peach beechies Dit alles in 'n poging om die skelm rookasem so af en toe te verfris. Toe jy nog vir haar 'n Groovy kon koop - daardie jare se blikkie koeldrank. 

Daardie einste meisie het jou withemp se rugkant bewonder, want jy het 'n foto van Roger Moore uit die Huisgenoot geskeur en met 'n kole-strykyster op jou hemp afgestryk ... 

Toe die enigste Bollie in die land nog in die binneblaaie van Huisgenoot te vinde was.

Toe jong seun kon dagdroom oor Tessa en Suster Saal in destyds se slapbandboekies ... my eie Sus was stilletjies verlief op Kid, die swerwer en het Rocco, die grensvegter ... nie te onaardig gevind nie.

Toe winkels nog toonbankdiens gehad het en jy net vir aardigheid met 'n tiekie 'n Dirkie kon koop - 'n buis vol kondensmelk. Toe die Joodse winkelier jou 10c-veelkleurige boodskaplekkers, in blaaie uit die Landbouweekblad geskeur en in 'n cone-vorm toegedraai, verkoop het. Nadat jy die lekkers verslind het, het jy die advertensies, of as jy gelukkig was, die kapperjolle van TO Hannibol se Oom Kaspaas  op daai einste bladsy rustig sit en lees.

Ek mis daai opgewonde gevoel van afwagting as pa uit die dorp teruggekom het en uit die kombuis roep: "Boeta, hier's 'n pienk koevert briefie vir jou!!" Dit, terwyl hy sy koffie rustig sit en slurp het en na jou kant toe geknipoog het. Meestal het jou ma dan half vererg laat hoor: "Ghmf!! Hy sal hom wat verbeel ... pienk briefie nogal!!" 

My gunsteling leesplek was onder een spesifieke navel-boom in die lemoenboord wat langs ons huis aangelê was. Die mistiek om daai brief oop te maak ... die reuk van parfuum wat so stadig uit haar briefie jou omswewe ... en haar rooi lippe se af-ets op die laaste blad!!  Dit was baie meer romanties as deesdae se emoji-goeterse. 

Vervloë dae ... toe 'n boer nog ekstra trots was op sy vrou. Toe mans nog bereid was om letterlik en figuurlik hul hande deur te werk vir sy huis en haard. "Vrouvat is nie perde koop nie," het toe nog betekenis gehad. Die vergane era waar 'n jongman eers moes poog om die niggie se aandag te kry, as sy einde ten laaste van jou begin notisie neem ... dan is die volgende hekkie haar Pa by wie jy moes verby kom. 

Sommige boere-ooms was erg onmoontlik met hul "deurkyk" van potensiële vryersklonge. Die opsitkers was aspris middeldeur geknip, of die parrafienlampie net half-vol gemaak ... veral as jy hom nie aangestaan het nie. As vryersklong moes jy behoorlik eers 'n vuurdoop slaag voordat jy in haar pa se teenwoordigheid aan haar hand kon raak.

Die plaasboer was ook heilig op sy rygoed - mouterkar/bakkie/perde/muile/kapkarre en waens. Hy het ook niemand toegelaat om op sy plaas te laat slap-lê nie. Hy was heilig-trots op sy plaas en het nie toegelaat dat sy gereedskap en diere verwaarloos word nie. 

Ek onthou hoe baie van des jare se suipkrippe vir die vee se drinkwater, en netjies gebou van leiklip, skoner was as  deesdae se munisipaliteite ... om nie eens te praat van hul toeslykdamme en geroeste toevoerpype nie.

"Seun, moet nooit jou plaas verkoop nie ... as die boorgat droog word ... verskuif jy net jou windpomp ... maar moet nooit jou plaas verkoop of van jou vrou skei nie" 

Hierdie tipe raad was mildelik uitgedeel en ook as voorbeeld vir jong mense deur die ouer gardes uitgeleef. Daarom seker, dat boervrouens harte so groot soos hul instapspense gehad het. Daar was altyd 'n vetmaak-hoender op hok en gaste het nooit leë hande 'n plaasopstal verlaat nie. Etenstyd het die tafels gekreun van die owerdaad vleis, gebraaide aartappels en geelrys. Doekpoeding of tuisgemaakte vla met gekookte droëvrugte was meestal die nagereg.

Dié tyd toe jongmeisies se vlytige deugde besing was ... en as die niggie dan nog boonop mooi van aansien was ... "Dan, ou seun, het jy 'n pers veld-tulpie raakgeloop." Wyse en waar woorde van menigte grysaard.

Ek draai die volume se knop so effens harder. Die ou draaitafel se naald skuur oor die Springbok Radio Hits-langspeelplaat wat ek op 'n vlooimark raakgeloop het. Gelukkig ken ek en vroulief altwee die woorde van die Staccatos se 1969 liedjie: Cry to me ... ek neem haar in my arms en stuur haar in 'n stadige wals oor my men-cave se teëlvloer. Sy laat lê haar kop rustig op my bors ... daar waar sy hoort en veilig voel.

Ons albei beleef die goue middeljare van ons lewe en stap sonder huiwering die sonsak-fase hand aan hand tegemoet.  

"Jy sal altyd my jong steenbokooitjie bly," fluister ek in haar oor terwyl sy liefderyk in my oë opkyk.  

Onthou jy ook die Kalahari-son se fanta-skyn ... eens toe ons groene jonkheid vol-ini-blom gestaan het? 

Lemoenbloesel-groete
Leopoldt van Wyk

[Dankie, Valerie, vir hierdie stukkie nostalgie.]

Friday, 13 June 2025

Nostalgie en nog nostalgie

Hoeveel onthou jy?


1) Kopligdip - skakelaars op die vloer van die motor.
2) Ontsteking - skakelaars (choke) op die paneelbord.
3) Broekspypklemme vir fietse sonder kettingskerms.
4) Soldeerboute wat jy op 'n paraffienbrander verhit het.
7) Vrouens het rokke, hoede, sykouse en handskoene kerk toe aangetrek.
6) Gebruik handseine vir motors sonder rigtingwysers.
7) Brood wat 6c en later 10c elk gekos het.
8) Sjokolade (Flakes, Crunchies, ens.) wat 5c elk gekos het.
9) Soet (lekkergoed) sigarette.
10) Kafees met tafels en stoele en met 'n juke-boks. Hulle het die lekkerste Coke en Cream Soda floats verkoop.
11) Aflewering van melk en lemoensap in glasbottels.
12a) Die swart telefoon teen die gangmuur gemonteer.
12b)Elke telefoonoproep is deur die sentrale deurgeskakel. (Onthou jy nog die sentrale se vraag? "Nommer asseblief?" )
12c) Party of deellyntelefone vir plaasbewoners. (Die bure het die gesprekke lekker afgeluister.)
13) Nuusrolprent (SA spieël) voor die fliek. Onthou jy die brullende leeu wanneer die fliek begin wys het?
14) Ertjiepit-blaaspypies (pea shooters)
15a)Grammefoonplate 78+33 rpm met platespelers. (Onthou jy nog vir Virginia Lee, Jim Reeves, Leonore Veenemans)
15b) 45-rpm plate.
16) Hi-Fi's.
17) Metaal ysbakke met hefbome.
18) Blou flitsgloeilampe.
19) Kurkpropgewere (popgun)
20) Wasmasjiene met rollers.
21)TV-toets patrone wat snags na die laaste vertoning aangekom het en daar was, totdat TV-programme weer die volgende dag begin het. Daar was net 2 kanale, as jy gelukkig was.
22) Inkpotjies in jou skoolbank. In graad 1 en 2 is net met potlode in die klas geskryf. St. 2 en 3 het penne met die los penpunte gebruik. Vulpenne is vanaf standerd 3 gebruik. (Balpuntpenne is toe nog nie gebruik nie.)
23) Skoolboeke is oorgetrek met bruin papier en plastiek.
24) Die roomyskarretjies (fietse met die klokkies)
25) Fiets- en hondelisensies!!!

As jy 0-3 onthou het = Jy is nog jonk.
As jy 3-6 onthou het = Jy word ouer.
As jy 7-10 onthou het = Moenie jou ouderdom vertel nie.
As jy 11-14 onthou het = Jy is positief oud!.


Hierdie herinneringe is van die beste tye in my lewe.

Skrywer: Anoniem

[Dankie, Valerie, vir die deel van hierdie lekker onthou!!]

Friday, 6 June 2025

Nostalgie

EK IS DUIDELIK OUD

Iemand het nou die dag gevra: "Wat was jou gunsteling 'kitskos' toe jy grootgeword het?"

"Ons het nie kitskos gehad toe ek grootgeword het nie," het ek hom meegedeel. "Al die kos was stadig."

"Kom, ernstig. Waar het jy geëet?"

"Dit was 'n plek wat 'huis' genoem word," het ek verduidelik!

"Ma het elke dag gekook en as pa van die werk af kom, het ons saam by die eetkamertafel gaan sit, en as ek nie gehou het van wat sy op my bord gesit het nie, is ek toegelaat om daar te sit totdat ek daarvan gehou het."

Teen hierdie tyd het die seun so hard gelag dat ek bang was dat hy ernstige interne skade sou opdoen, so ek het hom nie die deel vertel oor hoe ek toestemming moes hê om die tafel te verlaat nie.

Maar hier is 'n paar ander dinge wat ek hom oor my kinderjare sou vertel het as ek gedink het sy stelsel kon dit hanteer:

Sommige ouers het NOOIT hul eie huis besit nie, nie jeans gedra, voete op 'n gholfbaan gesit, die land uitgereis of 'n kredietkaart gehad nie.

My ouers het my nooit skool toe geneem nie. Ons het geloop. Sonder vrese.

My pa het 'n fiets gehad wat waarskynlik 50 pond geweeg het, en net een spoed gehad het - geen ratte (stadig) gehad nie. Werk toe gery daarmee.

Ons het nie 'n televisie in ons huis gehad totdat ek 20 was nie. Dit was natuurlik 'n swart en wit TV-stel, en die stasie het om 10 uur van die lug af gegaan, nadat die volkslied en epiloog gespeel is. Dit het omstreeks 6 uur weer op die lug gekom. En daar was gewoonlik 'n plaaslik vervaardigde nuus- en plaasprogram met plaaslike mense. Pizzas is nie by ons huis afgelewer nie.

Maar ... melk is afgelewer. Alle koerante is deur seuns afgelewer en die meeste seuns het koerante afgelewer. My broer het sewe dae per week 'n koerant afgelewer. Hy moes elke oggend om 6 opstaan.

Filmsterre het gesoen met toe monde. Ten minste het hulle dit in die rolprente gedoen. Daar was geen fliekgraderings nie, want alle flieks is verantwoordelik vervaardig vir almal om te geniet, sonder vloektaal of geweld of byna enigiets aanstootliks.

As jy grootgeword het in 'n generasie voordat daar kitskos was, wil jy dalk sommige van hierdie herinneringe met jou kinders of kleinkinders deel.

Moet my net nie kwalik neem as hulle 'n ingewandsbreuk van die lag oorhou nie. Om nou groot te word, is nie wat dit was nie, of hoe?

HERINNERINGE van 'n vriend: My pa is besig om my ouma se huis skoon te maak (sy is in Desember oorlede) en hy het vir my 'n ou lemonadebottel gebring. In die bottelnek was 'n prop met 'n klomp gaatjies in. Ek het dadelik geweet wat dit was, maar my dogter het geen idee gehad nie. Sy het gedink hulle het probeer om dit in 'n soutpot te verander. Ek het dit onmiddellik herken as die bottel wat aan die einde van die strykplank gestaan het om klere mee klam te maak, want ons het nie stoomysters gehad nie.

(Word vervolg)

Dankie, Valerie, vir hierdie herinneringstrippie!!

Thursday, 8 February 2024

Dink hieroor: Oor verhoudings

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat dit die mens se blindekol vir sy blindekolle is wat die ongelukke laat gebeur.

In 'n verhouding is daar gereeld een wat reg is en een wat verkeerd is. Klik HIER as jy meer wil weet.

Thursday, 1 February 2024

Dink hieroor: Oor bid vir reën

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas: "As jy bid vir reën, bid met 'n sambreel in die hand. Ja, en wees ook bereid om die modder te aanvaar."

"Onthou, jy het beheer oor wat jy vra, nie oor wat jou aangebied word nie." Klik HIER vir die verstaan van ons aksies.

Thursday, 25 January 2024

Dink hieroor: Leierskap

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat wanneer leiers met hulle ondersteuners praat, kies hulle wat hulle wil predik: opbouende samewerking en vooruitgang, of woedende, verwoestende vernielsug.

Klik HIER as jy meer oor leierskap wil weet.

Thursday, 18 January 2024

Dink hieroor: Troetel die adder

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat die mens moet besluit hoe hy teenoor slange (gaan) optree. En dis hoe dit is met jou vriendskap-probleem. Jy moet leer om te onderskei tussen mense wat soos slange is; en die wat nie so is nie.

Klik HIER as jy wil weet hoe om die adder nie te troetel nie.

Thursday, 11 January 2024

Dink hieroor: Haaie op die strand

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat in 'n afgestompte wêreld, oorvoed aan sensasie-skok, die waarheid dikwels eenvoudig net te saai is.

Klik HIER as jy wil weet hoe sensasie verslawend kan wees.

Thursday, 4 January 2024

Dink hieroor: Mond vol tong

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas: "Geuiterde woorde dra 'n boodskap UIT, maar dit dra ook 'n boodskap IN." 

Praat en hoor is mos maar twee heel verskillende goed. Klik HIER vir meer inligting.

Thursday, 28 December 2023

Dink hieroor: 'n Battery het twee pole

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat as ons ons verpligtinge versaak, dan breek jy die stroom.

Vir elke positief in die lewe is daar 'n ooreenstemmende negatief. Klik HIER om meer daarvan te wete te kom.

Thursday, 21 December 2023

Dink hieroor: Granaatpluk is soos trou

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat  Ons Huis (die ouetehuis) se blog gereeld lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas: "Die Skepper het mos die granaat gemaak vir die man sodat hy vir vrou kan probeer begryp." 

Klik HIER as jy wil weet hoe oom Klaas weet dat 'n groen geplukte granaat nie later ryp word nie - hy bly groen en raak later net onsmaaklik.

Thursday, 14 December 2023

Dink hieroor: Proe die pitkos

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat elke man sy eie plan het, om 'n vrou die hof te maak ... amper soos granaat skoonmaak.

Klik HIER as jy wil weet wanneer is 'n dag vol vars verrassings.

Thursday, 7 December 2023

Dink hieroor: Van vlam tot vuur

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag vertel oom Klaas waarom moet 'n man maar die vuurhoutjie isoleer dat hy op sy eie eenkant kan uitbrand.

Klik HIER as jy meer van vlam tot vuur wil weet.

Thursday, 30 November 2023

Dink hieroor: Verantwoordelikheid verruil vir vryheid

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK en wat gereeld Ons Huis se blog lees, geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat ons so vry is dat wetsgehoorsame burgers hulleself moet inkerker teen die vrye beweging van misdadigers.

Klik HIER as jy wil weet hoe 'n mens verantwoordelikheid vir vryheid verruil.

Thursday, 23 November 2023

Dink hieroor: Om te ween is goed

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag sê oom Klaas dat party goete in die lewe praat 'n man nie; jy leef dit net.

Klik HIER as jy wil weet hoekom dit goed is om te ween.

Thursday, 16 November 2023

Dink hieroor: Kyk my vas ...

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag vertel oom Klaas hoe jy weet dat 'n man wat jy pas ontmoet het, nie op kronkelpaadjies sluip nie en dat hy sy pad reguit met vaste tred stap. 

Klik HIER as jy van die klong met die reguit kyk en die groet met die oë wil weet.

Thursday, 9 November 2023

Dink hieroor: Swem of sink

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Oom Klaas weet dat mense mekaar nodig het, maar gee mense altyd hulp of is kritiek makliker?

Klik HIER as jy wil weet hoekom swem in die lewe belangrik is.

Thursday, 2 November 2023

Dink hieroor: 'n Skurwejantjie is nie 'n krokodil nie

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn.

Klik HIER as jy wil weet wat die verskil tussen 'n skurwejantjie en 'n krokodil is.

Thursday, 26 October 2023

Dink hieroor: Hoe duideliker die kiekie

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. 

Klik HIER om te lees van die duideliker kiekie. 

Thursday, 19 October 2023

Dink hieroor: Maak 'n knoop van 'n las

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. 

Klik HIER om meer uit te vind hoe maak jy van 'n knoop 'n las.