Showing posts with label DJ Opperman. Show all posts
Showing posts with label DJ Opperman. Show all posts

Friday, 29 May 2026

Gedig: Aaispaai

Ek vra vir Ma wat sy verstaan
onder die woordjie ewigheid.
Sy sê: daar is geen tyd,
maar alles gaan net aan en aan.

Dit moet dan iets beteken
soos 'n Royalbakpoeierblik
met prent op prent geteken:
jy kry net blik op blik op blik.

[DJ Opperman: Kuns-mis 1964] 

Klik gerus HIER vir inligting oor die digter.

Friday, 27 February 2026

Gedig: Namakwaland

Op die groot saaidag van die heelal
het reeds 'n entjie duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
'n sakkie van die HEER se beste
saad per ongeluk gelek,
gelek en uitgeval.

* DJ Opperman

Klik gerus HIER vir inligting oor die digter.