Monday, 3 August 2026
Vandag se internetgebed vir jou: U woord is 'n lamp vir ons pad
Vader God, dankie dat ons elke oggend wanneer ons wakker word die dag met gebed kan begin. Dankie Vader, dat ons ons hele hart in gebed voor U kan uitstort en dat ons na U kan roep om hulp. Dankie Vader, vir die wonderlike voorreg om die Bybel in ons eie taal te kan lees. Help ons Vader om die waarhede van die Bybelse boodskap te aanvaar en in ons lewe so toe te pas dat mense Jesus meer en meer in ons lewe sal sien. Vader, baie dankie vir u Woord wat ’n lig vir ons voet is, ‘n lamp vir ons pad is en ‘n kompas vir ons lewe is. MATTEUS 5:16 “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Vader ons weet ons kan niks doen sonder U krag en genade nie en neem asseblief ons hande en lei ons op die regte weë, dat alles wat ons sal doen en beplan van U sal wees. Seën ons asseblief met wysheid en insig om so te lewe dat alles wat ons doen tot eer en verheerliking van u Naam sal wees, en ons dank U daarvoor, Amen
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment