Jy wat God se geregtigheid ontvang het - verniet het jy dit ontvang, verniet moet jy dit ook aan ander vertel.
Vertel die wêreld daar buite van God se getrouheid en sy heil, omdat die Heilige Gees binne-in jou, jou leer en lei met groot bydskap.
Oral, in plaas van met spotters te deel, deel die goedertierenheid en trou van God aan die wêreld, soos die Heilige Gees jou lei en nie omdat jy besluit wat reg of verkeerd is nie.
Doen alles uit liefde vir jou naaste en nie om goed te lyk of 'n verdienste te kry nie.
Vader, ek kom sit nou by u in die Naam van Jesus Christus, gelei in die Gees met u vreugde in my hart. U naam wil ek veheerlik en groot maak. Ek kan nie ophou om u lof en goedheid te verkondig aan ander nie. Ek het U lank verwag en U het neergebuig na my en my gehelp. Groot dinge het U gedoen. Wil ek van u wonders en goedheid spreek, is dit te veel om te vertel. Ek het lus, o my God, om U welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande (verse 2; 6; 9). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:
Post a Comment