* Oupa en ouma het besluit om hulle huis te verkoop. Dis heeltemal te groot vir hulle twee en hulle besluit om aftreeoord toe te trek. Skielik is hulle "huisuitgawes" minder en oupa reken dat al die jare van spaarsamig lewe en 'n muntstuk omdraai en weer 'n slag omdraai, nou iets van die verlede is. Hulle is op geleende tyd, en daarom kan hulle maar die stukkie lewe wat oor is, geniet. Ouma stem nie saam nie en maak 'n afspraak vir oupa by die dokter. Sy lig die dokter vooraf van oupa se probleem in.
Oupa by die dokter in die spreekkamer.
Dokter: "Waarmee kan ek Oom vandag help?"
Oupa: "Dokter, dokter, ek kan nie ophou geld uitgee nie."
Dokter: "Mooi, hier's my rekening."
Dokter: "Mooi, hier's my rekening."
* Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.
Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?""Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer baie lank gelede."
"Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.
"Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer.
Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy: "Hy raak al beter en beter, nê Oupa!"
Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe: "Tannie, hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"

No comments:
Post a Comment