Showing posts with label Inwoner. Show all posts
Showing posts with label Inwoner. Show all posts

Tuesday, 2 June 2026

Liewe Inwoner, jy maak 'n verskil ...

1 Kor 12
V12: Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
V21: die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
V26: En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
V27: Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

* Ons staan saam in diens tot Sy Koninkryk.
* Elke legkaartstuk is van belang.
* Jy is 'n belangrike skakel in God se Koninkryk. Ander het joù nodig, en jy het ander nodig ...
* Elke legkaartstukkie is uniek, nuttig en van groot waarde.
* Sò ook elke kosbare kind van God, om uiteindelik die geheel God se volmaakte geheel te voltooi.
* Jý is dinamies, baiè kosbaar en super spesiaal in die rol wat jy vervul.
* Die pinkie is miskien klein, maar in die liggaam van Christus hoog geag.
* Jy is hooggeag en maak 'n verskil in God se Koninkrykslegkaart.
* Hoe gering jy ook al mag voel. Jý tel en is belangrik.
* Jy is dalk daardie kragtiger bidder, of die gehoorsame oor wat luister na ander, dalk 'n raadgewer vol wysheid.
* Ander wat altyd met vriendelikheid daar is om te help.
* Ander se teenwoordigheid maak 'n verskil, een wie se woorde lig bring ...
* Hoe kosbaar het God ons gemaak om te blom met dit wat Hy in elkeen van ons gedeponeer het, dit vloei natuurlik uit jou uit na ander om jou.
 Jy maak 'n verskil! 
Jy gee 'n aangename geur af!! 
Jou lig steek ander aan die brand!!
[Internet]

Friday, 14 March 2025

Gemeentestaaltjies: Staaltjies uit die sestigers ...

Mev. Smittie
van der Westhuizen
Mev Smittie van der Westhuizen was 'n vrou met verskuilde talente. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Sy het die binnewerke van 'n motor se enjin net so goed soos enige man geken en as sy in haar sweetpak ingeklim het, met geen haar van haar kapsel uit sy plek nie - was dit nie lank nie, of die motor is weer padvaardig. Sy was verantwoordelik dat mev. Frieda Siebert (ds. Siebert se vrou) se blou Morris op die pad gebly het.

As dit tyd was dat die Morris gediens moet word, sal jy vir Smittie onder die enjinkap van die motor by die pastorie kry, besig om in die laat sestiger jare te doen wat nie algemeen bekend was as werk vir vroue nie. Klaar met haar taak, het sy hande skoongemaak, hakskoene aangetrek en was sy reg vir wat ookal volgende op haar te doenlysie was. (As ek nou terugdink ... dan was sy haar tyd dekades vooruit!)

Smittie, 'n gemeentelid van Dutoitspan in die sestigers en sewentigers, is tans 'n inwoner van Ons Huis.

[Bron: Dutoitspan Kimberley Die lewe is 'n reis - Woensdag, 18 Oktober 2017]

Friday, 22 December 2023

Definisie van ‘n senior burger

‘n Wyse ou inwoner van 'n verpleeginrigting het die volgende definisies oor senior burgers gegee.

‘n Senior burger is iemand wat nog groei, wat nog leer, met potensiaal, en wie se lewe belofte inhou vir skakeling met die toekoms.

So ‘n persoon jaag nog steeds geluk, vreugde en plesier na, want dis tog mos almal se geboortereg.

Gewoonlik is ‘n senior burger iemand wat respek en eer verdien, wat die wyshede van ‘n lang lewenservaring opbou in ‘n erfenis vir die toekomstige geslagte.

[Stuur gerus jou definisie van 'n senior burger in.]

Thursday, 30 July 2020

Friday, 17 January 2020

Maak 'n verskil in 2020 - jy is uitgenooi

Voel u gereed om as vrywilliger werker u hulp aan te bied? Ons Huis het u hulp dringend nodig!

HOE KAN EK HELP?

Kom gesels en kuier saam met ‘n inwoner.
Kom lees en bid vir die inwoners.
Kom hou huisgodsdiens.
Organiseer/help met/ondersteun fondsinsamelingsfunksies.
Bring gebruikte klere vir ons klerewinkel.
Bring heerlike tuisgebak vir ons teetyd.
Borg ‘n inwoner t.o.v. versorgingstekorte/toiletbenodigdhede.
Lewer kommentaar (voorstelle & kritiek) ter verbetering van die diens aan die inwoners.
(Dit is altyd welkom - dit verseker dat ons die beste diens kan lewer.)

Bid vir Ons Huis se inwoners en personeel.

Monday, 16 July 2018

Blackie se waarde...
























[Bron: Maroela Nuus - gaan lees gerus hier]
Volgens Raedun Malherbe is dit 'n hondehemel - hy kry
kossies by almal!! 
Annatjie Deyzel sê dis tog te oulik. Ek glo die woef word
baie bederf. Dit is darem 'n troos vir die inwoners wat nie
diere mag aanhou nie.

























Saturday, 31 March 2018

Tyd vir breinaalde uithaal...

Raak betrokke en skenk wol!
Wintertyd is breityd en Ons Huis se inwoners is lief om die penne nader te trek en met geoefende vingers die koue wintermaande op hierdie manier te trotseer...

Hope truie, serpe en mussies om kleintjies teen die koue te beskerm, het al van hierdie breipenne af gekom. So 'n handgemaakte geskenk verwarm mos die hart ook... dus dubbele warmte!!
Inwoners van Ons Huis is aktief besig om 'n verskil te maak
waar hulle kan. Hulle brei serpies, truie 
en sokkies ten bate van
kliënte van die maatskaplike 
dienste. Indien u oortollige wol het,
is u welkom 
om dit af te gee by Ons Huis in Ariadne Rylaan
of by die ACVV-kantoor op die hoek van
Long- en Hollandweg. Vir verdere navrae skakel gerus
ACVV Kimberley-kantoor by (053) 831 5815.





Wednesday, 21 March 2018

Nuus in die plaaslike koerant: Inwoner van Ons Huis word 105 jaar...




Van Netwerk 24 Noordkaap
Mev. Meeta Reid - 'n volle 105 jaar oud. 'n Geseënde ouderdom
wat baie min mense beskore is.

Tuesday, 9 January 2018

Twee geslagte was al inwoners...

Ronell en Alda Pienaar wat ook graag hoede van
Miem Jacobs gedra het.
Baie dekades terug was mnr. en mev. Van der Bank inwoners van Ons Huis. Hulle was van Douglas, waar mnr. Van der Bank 'n plaasbestuurder was. Hulle een dogter, Miem Jacobs, was baie jare later ook 'n inwoner van Ons Huis.

Miem Jacobs het al die jare in Freemanplek 3A gebly en almal in Kimberley het die kort, klein kunstige vroutjie geken. Sy was kreatief en die kunstalent het sommer in sulke dik strome deur haar are geloop. Sy kon in verskeie mediums werk. Dit was net deel van wie sy was.

Sy het in die sestiger en sewentiger jare o.a. hoede gemaak. In daardie jare het almal hoede kerk toe gedra, biduur toe en na spesiale geleenthede. Sy het nie net hoede vir belangrike geleenthede gemaak nie, sy het ook hoede gemaak wat by jou persoonlikheid en jou hartsbegeertes pas.

Dit was nie ongewoon vir mense om met hulle rok of pakkie by haar aan te kom en dan moes sy 'n unieke hoed ontwerp om die uitrusting af te rond nie. Mense wat nie van winkelhoede gehou het nie, kon verseker wees dat dit wat jy gekry het, is dit wat jy graag wou hê. 

Sy het ook gereeld kursusse in hoedemakery aangebied, wat baie gewild was.

[Inligting: Mnr. Schalk Pienaar - kassier van gemeente vanaf 1961 - 2016]

Friday, 14 October 2016

Ons Huis se vieringe...

Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) se Ons Huis, die tehuis vir bejaardes in Herlear, het op 14 Oktober hul 72ste verjaardag gevier.

Hulle het dit met 'n "High Tea" en 'n "Down Memory Lane-konsert" gevier.

Die tehuis het op 14 Oktober 1945 in 'n huis in Rosestraat ontstaan en in 1958 is die huidige gebou in Ariadne-rylaan in gebruik geneem.

Die tehuis se doelwit is om ouer persone se regte te bevorder en algehele versorging vanuit 'n holistiese oogpunt moontlik te maak.

'n Tweedehandse winkel is ook op die perseel geleë.

Hier kan behoeftige persone uit die gemeenskap, sowel as inwoners van die tehuis, baat vind.

Skenkings van tweedehandse klere kan by die tehuis in Ariadne-rylaan afgelewer word.

(Deur Christiaan.Cloete 26 Oktober 2016 Noordkaap)

Daar is behoorlik ge-“rock” toe inwoners 
van die ACVV se Ons Huis-tehuis vir 
bejaardes op 14 Oktober die tehuis se 72ste 
verjaardag gevier het. (Foto: Verskaf)