Saturday 31 March 2018

Tyd vir breinaalde uithaal...

Raak betrokke en skenk wol!
Wintertyd is breityd en Ons Huis se inwoners is lief om die penne nader te trek en met geoefende vingers die koue wintermaande op hierdie manier te trotseer...

Hope truie, serpe en mussies om kleintjies teen die koue te beskerm, het al van hierdie breipenne af gekom. So 'n handgemaakte geskenk verwarm mos die hart ook... dus dubbele warmte!!
Inwoners van Ons Huis is aktief besig om 'n verskil te maak
waar hulle kan. Hulle brei serpies, truie 
en sokkies ten bate van
kliënte van die maatskaplike 
dienste. Indien u oortollige wol het,
is u welkom 
om dit af te gee by Ons Huis in Ariadne Rylaan
of by die ACVV-kantoor op die hoek van
Long- en Hollandweg. Vir verdere navrae skakel gerus
ACVV Kimberley-kantoor by (053) 831 5815.





No comments:

Post a Comment