Showing posts with label Uitreik. Show all posts

Tuesday, 10 December 2024

Dankie, Kimberley Biker's

Kimberley se motorfietsryers het Saterdag in die gees van Kersfees kragte saamgesnoer om van die Pension Run-inisiatief 'n reuse sukses te maak. 

Hierdie Kimberliete se positiewe aansteeklikheid, saam met die broodnodige skenkings en geskenkies, het breë glimlagte op die gesigte van die inwoners van Resthaven, Belgrave Lodge en Ons Huis gesit.

Meer as 50 pakke doeke vir volwassenes is aan elkeen van die drie tehuise oorhandig, danksy die ondersteuning van donateurs en die borge. Doeke is 'n duur noodsaaklikheid vir baie bejaarde inwoners. Die organiseerders hoop om die Pension Run 'n jaarlikse tradisie te maak om te verseker dat senior burgers in Kimberley 'n stresvrye feesseisoen kan geniet.

Elke besoek Saterdag was gevul met glimlagte, liefde, omgee, dankbaarheid en 'n gevoel van gemeenskap. En is dit nie juis die belangrikste boodskap wat uitgedra moet word nie?

Inwoners: 'n Uit-ons-hart-dankie vir hierdie ongelooflike en heerlike verrassing. Julle sal nooit weet wat hierdie besoekie vir ons beteken het nie. Mag  julle nog diep spore in Kimberley trap!

[Klik HIER en HIER om na ongeveer 80 foto's te kyk.]

Dankie, Babsie, dat jy hierdie goeie nuus met ons lesers deel. Waardeer dit!

Tuesday, 3 September 2024

Later ... wanneer is dit?

Skaars het die dag begin, dan is dit al sesuur saans.
Skaars breek Maandag aan, dan is dit weer Vrydag.
... en die maand is verby.
... en die jaar is verby.
... en so vergaan 30, 40, 50, 60 jare van ons lewens.

Skielik besef ons, hoeveel mense ons al verloor het. 
Ouers, familie, vriende en kennisse.
'n Terug is daar nie!
So laat ons die tyd geniet, wat ons nog oor het.
Laat ons nie ophou om tyd te gebruik, soos dit ons gelukkig maak nie.
Laat ons kleur voeg by ons gryse dae!
Laat ons glimlag oor dinge wat ons harte streel.
Ons moet die tyd wat ons oorhet, met rustigheid en vertroue geniet: die woord "later" uitskakel
Ek doen dit later ...
Ek sê dit later ...
Ek sal later daaroor dink ...
Ons los alles altyd vir later!
Later is dalk te laat! 

Want, wat ons nie verstaan nie is:
Later is die koffie koud.
Later het prioriteite verander.
Later is die sjarme gebreek.
Later is die gesondheid verby.
Later is die kinders groot.
Later is ons ouers oud.
Later word gesprekke vergeet.
Later verander dag na nag.
Later eindig die lewe ...
En dan is dit te laat!

So asseblief, moet niks uitstel tot later!
Want intussen kan ons die beste oomblikke verloor ...
Die beste ondervindinge
Die beste familie
Die beste vriende
Vandag is dié dag! 
Die oomblik is nou!

Ons is nie meer jonk genoeg, om dinge wat vandag gedoen kan word, na môre te skuif nie.
Kom ons wees vandag net dankbaar vir diegene wat deel van ons lewens is.
Kom ons gee vandag 'n kompliment vir hulle wat ons pad kruis.
Kom ons reik vandag uit na iemand wat ons regtig nodig het.
Kom ons besoek vandag iemand wat siek is of bedlêend is en wat verlang na geselskap.
Kom ons bid vandag vir ons familie, vriende, die kerk, ons leiers op alle terreine en ons land.
Vandag is dié dag! 
Die oomblik is nou!
Môre is dalk te laat ...

[Dankie, Elmari, wat hierdie stukkie met ons deel.] 

Thursday, 22 August 2024

Be An Angel Day

On August 22nd, National Be An Angel Day encourages good deeds and kindness to others. By supporting those in need and inspiring others to kindness, we display an act of an angel here on earth.

Thursday, 18 July 2024

Noordkaap Bulletin: "Steek hand uit; maak ander se nood ligter"

Klik op die berig/prent om te kan lees of lees gerus die artikel van Helena Barnard oor Allan Visagie HIER!

Friday, 29 December 2023

Sunday, 17 December 2023

Wil jy 'n welwillendheidsbydrae maak?

Dikwels het 'n mens 'n behoefte om uit te reik, veral oor die kersseisoen, maar jy weet nie waar, hoe en wat nie.

Jy kan nooit verkeerd gaan om 'n pakkie by enige ouetehuis af te gee nie. Daar is soveel gaatjies om toe te stop en soveel benodigdhede, dat niks wat daar afgelaai word, verlore sal gaan nie.

By die siekeboeg is daar altyd 'n behoefte aan Savlon, tandepaste, tandeborsels, babapoeier, seep, sjampoo, doeke, toiletpapier en waslappe.

In die algemeen is skoonmaakmiddels 'n welkome bydrae. Van skottelgoedwasseep tot seeppoeier vir wasgoed.

Gaan maak gerus 'n draai by ons wenslysie op die tuisblad en kyk waar lê ons groot behoeftes.

Hou asseblief ons seniors en die personeel gereeld in julle gebede. 

Sunday, 3 December 2023

Sunday, 19 November 2023

Saturday, 28 October 2023

Sunday, 15 October 2023

Tuesday, 19 September 2023

Dinsdag-denke: Wees ‘n klokkie

Op ‘n plaas, nie ver buite die dorp nie, is ‘n kampie met twee perde in. As jy die twee perde van ‘n afstand dophou, lyk hulle soos enige twee gewone perde, maar as jy nou sou nader gaan, sal jy iets ongeloofliks sien ...

As jy in die oë van een van die perde kyk, sal jy sien hy is blind. Sy eienaar het egter besluit om hom nie te laat uitsit nie, maar eerder vir hom ‘n goeie huis te bied.

Die wonder van hierdie verhaal is egter dat as jy nader staan en mooi luister, hoor jy die klank van `n klein klokkie. En as jy mooi kyk, sal jy sien die klank kom van ‘n klein klokkie om die nek van die kleiner perdjie wat so ‘n entjie verder op in die veld staan. Dit help die blinde perd om te weet waar sy vriend is.

As jy die twee perde so staan en dophou, sal jy sien dat die perd met die klokkie aanhoudend omkyk om te sien waar sy blinde vriend is, en die blinde perd sal altyd mooi luister om die klokkie te hoor en dan dié geluid te volg, want hy weet sy vriend lei hom op die regte pad en sal hom nie laat afdwaal of laat verdwaal nie.

Wanneer die perd met die klokkie saans stal toe stap, stop hy kort-kort en kyk dan om, om seker te maak sy blinde vriend raak nie agter nie en dat hy nog die klokkie kan hoor.

Net soos die eienaar van hierdie twee perde, sal God ons NOOIT wegggooi net omdat ons nie perfek is nie. Hy kyk na ons en sorg selfs dat daar mense oor ons pad kom wat ons kan help as ons hulp nodig het.

Somtyds is ons die blinde perd en God is die perd met die klokkie en ons kan Hom met vertroue volg. Somtyds is ons die perd met die klokkie wat 'n ander moet lei.

Goeie vriende is altyd daar, jy mag hulle nie altyd sien nie, maar jy weet hulle is altyd daar.

En onthou ... wees vriendeliker as wat soms nodig is, want almal wat jy ontmoet veg met of teen iets ... hetsy dit pyn, siekte, eensaamheid, finansies of verwerping is.

Almal van ons veg elke dag teen die duiwel!! Mag elkeen van ons elke dag ‘n klokkiedag beleef, en dat ons almal vir ‘n ander ‘n klokkie sal wees ...

Tuesday, 22 August 2023

Be An Angel Day

On August 22nd, National Be An Angel Day encourages good deeds and kindness to others. By supporting those in need and inspiring others to kindness, we display an act of an angel here on earth.

A big thanks to Ons Huis' angels:
  • Cherine Senekal
  • Annette Cameron
  • Betsie du Plessis
  • Christa Jaquire
  • Forbie Klindt
  • Jacoba du Plessis
  • Jolande de Wet
  • Millie Mouton
  • Percy Bell
  • Talana van Wyk
  • Carien

Friday, 4 August 2023

Wednesday, 18 January 2023

Broodnodige breibenodigdhede vir uitreikaksie

Dis miskien nou warm ... baie warm, maar 'n ysige winter lê vir ons en loer ... daarom wil ons nie onkant gevang word nie.

Mussies, kouse en serpe is hoog op die breiers se prioriteitslys om die winter vir die straatkinders meer draaglik te maak. Ons kort egter dringend wol om hierdie uitreik suksesvol te maak.

Kontak gerus vir Rina Groenewald vir enige navrae of skenkings by 082 447 3332

Wednesday, 25 March 2020

Inperking: Ons het julle hulp nodig

Ons het elkeen se hulp nodig om uit te reik na hulle wat o.a. in aftree-oorde is. Hierdie is 'n unieke onvoorsiene situasie en daarom is almal se daadwerklike bydrae nodig. As ons winkel toe gaan om die huis se voorraad aan te vul, dink gerus aan jou bejaarde bure, hulle wat siek is in jou onmiddellike omgewing en die ouetehuise in jou buurt. Laai gerus 'n ekstra bottel Jik, skottelgoedwasseep, handewasseep, toiletpapier en 'n ekstra blikkie kos in. Dit gaan nie 'n groot verskil aan ons maak nie, maar wel aan die ontvanger. 

Minister Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling het gevra dat almal in 'n gees van welwillendheid sal saamwerk. Kom ons wys dat ons regtig omgee.

Friday, 30 November 2018

Raak betrokke by Vriende van Ons Huis!!

Gaan loer gerus by Vriende van Ons Huis se FB vir verdere inligting en om die vordering dop te hou. 

ACVV Ons Huis, 'n tehuis vir ouer persone, versorg tans 52 mense. Alhoewel die tariewe die laagste in Kimberley is, moet 70% van hierdie inwoners staatmaak op bydraes van kinders en borge om die huur te betaal. As gevolg van stygende lewenskostes, moet tariewe aangepas word wat tans nie moontlik is nie. Die tekorte moet aangevul word van buite die tehuis. Vandaar dan die inisiatief van 1000-vir-R1000-projek. Ons daag 1000 mense (of groepe) van Kimberley uit om R1000 te skenk. Ondersteun asseblief die projek om die voortbestaan van hierdie instansie wat al reeds 'n pad in die geskiedenis van Kimberley gestap het, te verseker.

Ons Huis
Capitec
Tak Kode - 470010
Flexible Savings Account Rek - 1577609156

Baie dankie vir jou ondersteuning!

Wednesday, 31 October 2018

Sunday, 30 September 2018

Raak betrokke by Vriende van Ons Huis!!

Gaan loer gerus by Vriende van Ons Huis se FB vir verdere inligting en om die vordering van hierdie verdienstelike projek dop te hou.

Vriende, ons is besig met fondsinsameling vir Ons Huis Kimberley. Jy kan 'n verskil maak!! Maak jou bydrae en daag jou vriende uit om dieselfde te doen. Gaan 👍🏻 like Vriende van Ons Huis se blad asb! In hierdie geval is dit letterlik hoe meer siele hoe meer vreugde.

Donasies kan in die volgende rekening betaal word:

Ons Huis 
Capitec
Tak Kode - 470010
Flexible Savings Account Rek - 1577609156

Baie dankie vir jou ondersteuning!

Friday, 31 August 2018