Showing posts with label Gedigte. Show all posts
Showing posts with label Gedigte. Show all posts

Friday, 8 May 2026

Gedig: Namibië

Soos ’n ryp vrug, reg om gepluk te word
wag hierdie land sy besoeker in.
Begeer hy om te onthul
skatte van eers, kosbaarhede van nou.

So ’n dorre land
almal deel saam, die hegte band.
Hy wil verras
met flenters van kameeldoringbas.

Hy wil oes
die verwering van roes.
Swart koue yster, so kul
boorlinge, so gul.

Verlate langs ’n sandroos
lê eens mens - nou net beendere, sielloos …
Geroeste skeepsgeraamtes
beur deur die sand,
geen oorlewing, daar gestrand
saam deel hul ’n laaste lêplek.

Tot duinsand hul eendag
heel bedek.

Namibië, land met kontras.
Hy lok jou uit, hy wil verras
inwoner en gas.
Pak sy mooi, sy roes en eensaamheid,
binne-in jou hart
se tas.

[Ina van Vuuren - bron]

Friday, 13 March 2026

Gedig: Vertrou op die Here

Vertrou op die Here
met al jou probleme.
Vertrou op die Vader
Hy help jou op die daad.

Dink nie aan môre
gee Hom al jou sorge.
Vertrou op die Here
gee Hom al jou probleme.

Jesus weet alles
gee Hom jou pak.
Vertrou op die Here
met al jou probleme.

Jesus maak dit beter
dis nie vergete.
Vertrou op die Here
met al jou probleme.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]

Sunday, 4 August 2024

Gedig: Hoeveel?

Hoeveel druppels in 'n bui reën,
hoeveel sandkorrels op die bodem van die see,
hoeveel sterre skitter in die nag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel lyne op jou hand,
hoeveel grond op die boer se land,
hoeveel ligstrale gee die son elke dag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel sand in die Kalahari woestyn,
hoeveel erts in 'n steenkoolmyn,
hoeveel bloeisels dra 'n vrugteboom?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel is Jesus' liefde vir jou?
Al hierdie dinge en nog vele meer.
Hy is opreg en getrou,
en Hy wag steeds op jou.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]