Sunday 4 August 2024

Gedig: Hoeveel?

Hoeveel druppels in 'n bui reën,
hoeveel sandkorrels op die bodem van die see,
hoeveel sterre skitter in die nag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel lyne op jou hand,
hoeveel grond op die boer se land,
hoeveel ligstrale gee die son elke dag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel sand in die Kalahari woestyn,
hoeveel erts in 'n steenkoolmyn,
hoeveel bloeisels dra 'n vrugteboom?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel is Jesus' liefde vir jou?
Al hierdie dinge en nog vele meer.
Hy is opreg en getrou,
en Hy wag steeds op jou.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]

No comments:

Post a Comment