Sunday 4 August 2024

'n Paar duppels kreatiewe petrol vir Augustusmaand

Die Engele het sommer vroeg-vroeg opgedaag met allerlei mandjies en houers vir Augustus se Saterdag-projek. Elke maand se aktiwiteit word al die week voor die betrokke Saterdag bespreek, want die Engelbesoeke is hoogtepunte in Ons Huis

Klippe, verf, kwaste en versierings is Saterdag op die tafels uitgepak. Moontlikhede met klippe is oneindig. Vir die meeste van die kunstenaars-in-wording is dit egter 'n eerste keer wat hulle verf op klip sit en dit het aanleiding tot baie lag, kommentare en tergery gegee. Party het selfs daarin geslaag om die klippe te laat blom.


Net vir die interessantheid:
Gaan lees gerus DEUTERONOMIUM 27:4-8, daar staan geskrywe dat die wet duidelik leesbaar op die klippe geskryf moet word en in die Bybel vir almal lees ons dat die klippe geverf moet word - dus is die verf en skryf van klippe 'n baie ou gebruik. 

No comments:

Post a Comment