Saturday 10 August 2024

Saterdaglagmedisyne: Ai, Ouma !!!!


Op die lang trip van Kaapstad af, raak die mense in die bus aan die slaap en vergeet van die ou tannie  se versoek ...

Na 'n hele paar uur se ry met Johannesburg naby en Colesberg al ver agter, vra die ou tannie vir die busbestuurder: "My Kind, is ons nog nie by Colesberg nie?”

Die busbestuurder antwoord: "Eish Tannie, ons is al 'n hele paar ure verby Colesberg"

Die passasiers kry die tannie jammer en stem in dat die bus moet omdraai en die ouma Colesberg toe neem.

By Colesberg maak die busbestuurder die deur oop vir die ou tannie en sê: "Ons is nou by Colesberg, Ouma.”

Die ou tannie maak eenvoudig haar handsak oop en haal twee Panado-pilletjies uit en drink dit met water..

Toe glimlag sy en sê: "Dankie, my Kind, my dogter het gesê as ons by Colesberg kom moet ek twee pille drink. Ons kan nou maar weer ry.”

[Dankie, Valerie, vir hierdie juweel!]

No comments:

Post a Comment