Sunday 4 August 2024

Oomblik van stilte: Efesiërs 6:10

Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.


Dit is wonderlik om te weet dat ons daagliks Sy sterkte en krag kan ondervind. Uiteindelik, het ons Sy krag in ons lewens uiters nodig. Mag Hy jou met krag en sterkte vul en jou sterk maak. As ons Sy krag as ‘n realiteit in ons lewens ken, kan ons enige uitdaging trotseer.

Gebed: Vader, ek ontvang U sterkte en magtige krag vandag in my lewe. Ek kies om te lewe in U krag en om nie op my eie krag staat te maak nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment