Sunday 18 August 2024

Oomblik van stilte: Ps. 16:5

Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.


Daar is duidelik net een erfenis en dit is die een van God af. Hy vul jou beker waaruit jy sy goedheid sal drink. Hy het die beker van dood en bitterheid gedrink namens jou. Jou toekoms en alles wat met jou gebeur is in sy hande.

Dankie my Vader, U is met heerlikheid, eer en glorie gevul en U deel is my erfdeel, my lot. U gee aan my lewenskrag en barmhartigheid om te drink in my beker. My beker loop oor van u goedheid en guns. U vul my beker na die rykdom van u heerlikheid. (Vers 7) Ek sal die Here loof wat aan my raad gegee het, selfs in die nag vermaan my niere my. (Vers 9) My hart is bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon. U sal ek voor my stel en u Naam altyd verheerlik. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment