Sunday 25 August 2024

Oomblik van stilte: Luk. 7:7(b)

... sê dit maar met 'n woord en my kneg sal gesond word.


Die weermag het 'n rangstelsel wat orde en veiligheid bevestig. Vanuit hierdie stelsel kom 'n hoofman oor honderd en versoek Jesus om net 'n woord te spreek om sy kneg gesond te kry; hy weet dat Jesus nie nodig het om tot by hom te kom nie; daarby weet hy ook dat jy nie sommer net by 'n baie hoër rang instap nie, vanweë die lynstelsel (rangorde) in die weermag. Hy beskou Jesus as baie hoër as hyself (soos 'n koning, en konings gaan nie sommer in onderdane se huise in nie) en dat hy nie waardig is om voor hom te verskyn nie. Jesus het 'n woord gespreek het.en die kneg is genees.

Dankie Vader, vir die Seun wat U gestuur het om ons barmhartig te wees en te genees met u woord. Uit die aard van die saak, is U die woord van God, wat lewendig geword het en onder u mense kom woon het. Ek dank U vir die geloof wat in my geplaas is, waarmee ek vandag mag vra vir, u hulp en bystand, deur u genade, u woord gespreek oor my, vir hierdie dag. Bewaar my van die bose en laat U verheerlik word deur my hele lewe in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment