Sunday 25 August 2024

Ons harte by Ons Huis loop oor van dankbaarheid


Dankie aan die talle mense wat hande gevat het met Ons Huis en donasies by die kantoor kom afgee het. Ons het 'n redelike lywige lysie saamgestel van alles wat benodig word vir die pannekoek- en vetkoekstalletjie van die ACVV en ADASA by die Yonderfees eerskomende naweek. 'n Mens staan werklik verstom oor die welwillendheid en die omgee van Kimberley se mense. 

'n Yslike-uit-die-hart-uit-dankie!!

Daniël Louw het gesê  dat barmhartigheid, omgee, medelye en mededeelsame naasteliefde maak die lewe mooi. Dit is presies wat ons by Ons Huis ervaar het.

Ons sien julle by die fees wat 29 Augustus begin. Moenie na die weer kyk nie - sleep familie, bure, vriend en vyand saam met jou na die fees en kom ondersteun ons!

Sien jou daar!! 

Klik HIER vir die bestanddelelysie.

No comments:

Post a Comment