Showing posts with label Mossie. Show all posts
Showing posts with label Mossie. Show all posts

Thursday, 26 September 2024

Jak de Priester: 'n Teken van God in my hand

 

Klik HIER om die ongelooflike verhaal van geloof in Londen te lees. Jy kan jou wel en weë toevertrou aan God, al lyk die vir jou onmoontlik. Geniet hierdie ware verhaal.

As die lewe jou druk, lees hierdie, dink hieroor en leer hieruit!

Tuesday, 5 September 2023

Dinsdag-denke: God sorg vir ons

In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog ...

Anette lees die woorde van Matt 10:29 - “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.

Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 is die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossieboodskap, sy het dit weer oorvertel en genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die mossieboodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim, sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agterop. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stilstaan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.

Skud vandag jou geestelike beursie uit. Sit ʼn 1c neer vir geliefdes met kanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan jou hart se werksomstandighede, vir enkelouers en weduwees. Die mossieboodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. U is net ‘n gebed ver.

‘n Geseënde mossie-dag vir jou

[Gaan besoek die wonderlike webwerf HIER en lees die gedagte van die dag HIER]

Friday, 1 September 2023

Is krummels die energie werd?

'n Brood val uit 'n bewegende broodwa en rol 'n entjie verder.

'n Stukkie breek af van die brood en bly in die straat lê. Drie mossies peil af op die stukkie wat afgebreek het. 'n Hewige bakleiery breek los. En dit kwetter en skree dat jy hulle waar kan hoor. Na 'n vreeslike vlerkgeklap, kry een die oorhand en begin die krummels gretig oppik, terwyl die ander twee met luide protes in 'n boom gaan sit en voortgaan met die lawaai. Nie een van hulle het die groot brood 'n entjie verder raakgesien nie. Hulle was te besig om oor die krummels te baklei!

Ons maak rusie oor klein dingetjies in die lewe en ignoreer dit wat eintlik belangrik is. Ons baklei oor die krummels van wie maak huis skoon, en wie moet kook, maar die heel brood van die seën om 'n huis te hê, die sien ons nie raak nie.

Ons baklei oor die krummels van wie moet die motor was en wie moet die petrol gaan ingooi, maar die heel brood van seëninge oor ek 'n motor besit, dit sien ek nie raak nie.

Ons kwetter oor die krummels van die mense by die werk wat dit en dat doen, maar die heel brood van seëninge dat ek werk het, en die gesondheid om dit te kan doen, dit sien ons nie raak nie.

Oor die nietighede word ons vir mekaar so kwaad dat kosbare verhoudinge verbreek word.

Voordat ons oor die krummels twis, kom ons kyk eers rond en sien die brood raak! Die krummels is nie die gevolge van die twis werd nie!

Vader, laat ek vandag onderskei tussen krummels en die dinge wat werklik saakmaak.Laat my die heel brood raaksien, en nie die krummels nie.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie waardevolle les waaraan ons vandag weer herinner word.]

Wednesday, 28 March 2018

Het jy geweet...

[Ek het die boodskap onvang en moes net deel]

In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog ...

Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.

Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie”-boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het. Hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agterop. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stilstaan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.

Vandag ’n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ʼn 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees, en ek besef die mossieboodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. Gister, terwyl ek vir my kliënte sit en wag en ek dieselfde boodskap vir my vrou gestuur het, het 3 mossies op my voertuig se voorste "bushbar" kom sit en het ek dadelik geweet ons Koning praat met my om my gerus te stel. Daar is niemand soos Hy nie en Hy sal altyd na ons kyk en ons versorg. Hy's net 'n gebed ver. Geseënde "mossie"-dag vir jou.

Mag God Homself ook vandag op ‘n besonderse manier aan jou openbaar. God seën u!

[Anje Harington]