Showing posts with label Geheue. Show all posts
Showing posts with label Geheue. Show all posts

Thursday, 21 May 2026

Ouma se wenke: Gee jou geheue 'n hupstoot

Die beste spyskaart om die geheue en breinfunksie 'n hupstoot te gee, en goeie bloedvloei na die brein te bevorder, is baie soos wat jy sal eet om jou hart te voed en te beskerm. 

* Eet gereeld groente
* Geniet bessies en kersies.
* Kry genoeg omega-3-vetsure
* Seekos
* Werk okkerneute in 

(Transcare: derde uitgawe)

[Idioom: Ons het almal die geheue van 'n olifant nodig!]

Friday, 29 August 2025

Gedig: Jy kan ...

Jy kan trane uitstort dat sy weg is,
of jy kan glimlag omdat sy geleef het.
Jy kan jou oë toemaak en bid dat sy terug sal kom,
of jy kan jou oë oopmaak en sien wat sy oor is.
Jou hart kan leeg wees omdat jy haar nie kan sien nie,
of jy kan vol wees van die liefde wat jy gedeel het.
Jy kan môre jou rug draai en leef gister,
of jy kan gister môre gelukkig wees.
Jy kan haar net onthou dat sy weg is,
of jy kan haar geheue koester en laat lewe.
Jy kan huil en dink,
wees leeg en draai jou rug.
Of jy kan doen wat sy wil hê:
glimlag, maak jou oë oop, hou lief en gaan voort.

[David Harkins , Britse kunstenaar, 1958-]

Friday, 3 May 2024

Oefen jou geheue


Onthou om my te onthou, vergeet om my te vergeet
, was op sy dag een van Laurika Rauch se groot treffers.

Maar voor ons vergeet waaroor dit alles gaan, moet ons rekening hou met ons eie vermoë om te onthou, veral namate die ouderdom toeneem. Dis nie almal wat soos 'n Winston Churchill die juwele uit die Engelse literatuur wat hy op skool gememoriseer het, uit die vuis kan voordra nie.  

Dit is opvallend hoe min aandag studente gee aan die verskerping van hulle geheue. Onderwysers is geneig om die opvatting, dat memorisering help om die verskillende gebiede van die brein te ontwikkel, as tydmors te beskou.

Memorisering is in die verlede oordryf, dikwels tot nadeel van gesonde begrip. Dit is egter geen rede om dit geheel en al oorboord te gooi nie.

Dit kan miskien nie die intellek bevoordeel nie, maar dit kan bydra tot 'n goed geordende brein en 'n bron van voedsel vir die gees.

Verskeie suksesvolle studente het daarop gewys dat 'n vaardige geheue afhang van die gehalte van die redenasievermoë en oordeel, sowel as 'n beter werking van die verstand.

Plato was op sy dag ook baie geïnteresseerd in die werking van die menslike brein. Een van sy uitsprake was: "Kennis is om te onthou."

Volgens kenners is geen verstandelike vermoë so vatbaar vir verbetering as die mens se geheue nie. Dit het daartoe gelei dat kenners in die laaste klompie jare verskeie tegnieke ontwikkel het om vergeetagtigheid te bestry.

Dit blyk dat herhaling die belangrikste bondgenoot is. Toetse in laboratoriums het ook getoon dat deur net hardop te herhaal wat jy wil onthou, jy jou onthouvermoë van 25 tot 100% kan verbeter.