Sunday 31 March 2024

'n Heerlike lagbui ...

'n Heerlike lagbui is beter as medisyne.
Leer om jou neus uit ander se sake te hou.
Dan het jy genoeg tyd om jou eie sake
in orde te hou.
Leer om stories te vertel.
'n Goeie storie is soos 'n sonstraal op 'n grou dag.
Leer om 'n kompliment te gee waar jy kan.
Almal kan doen met 'n goeie woordjie.
Leer om sarkastiese opmerkings te vermy.
Dit gee nog die spreker nog die ontvanger
enige plesier.
Leer om op te hou kla.
As jy niks goeds kan sien nie,
bly ten minste stil daaroor.
Leer om nie oor jou pyne te praat nie.
Niemand stel in elk geval daarin belang nie.
Leer voor enigiets anders om te lag.
Dit koop meer vreugde
as al jou geld in die bank.

[George Cooper]

[Dankie, Anoniem, wat hierdie stukkie waarheid met ons deel.]

Saturday 30 March 2024

Verjaardagwense


Mev. Roos, u moet lekker verjaar. Mag u net seën en liefde van Bo ontvang en mag vrede en geluk jou soos 'n skadu agtervolg. Vreugde vir hierdie dag.

Saterdaglagmedisyne

Friday 29 March 2024

Goeie Vrydag-wense

Mag die seëninge van Goeie Vrydag vir jou vrede, hoop en liefde bring.

Mag die offer van Jesus Christus jou op hierdie heilige dag inspireer om met deernis en vriendelikheid teenoor ander te lewe en op te tree.

Mag jy troos en vertroosting vind in die liefde van Christus op hierdie Goeie Vrydag.

Laat ons die offer van Jesus Christus onthou en daarna streef om sy leringe van liefde, vergifnis en barmhartigheid te volg.

Mag jy 'n geseënde Goeie Vrydag en 'n betekenisvolle Paasseisoen hê.

Thursday 28 March 2024

Tips from Granny: Drink Water Instead of Soda or Juice

"My Grandma didn’t have special drinks around that cost extra money. She simply drank water, coffee or tea that she brewed at home. She kept it frugal and simple. We spend so much on bottles of water, sports drinks, sodas and specialty coffees that it’s a multi-billion dollar industry and yet why not just save the money like grandma did and drink water? Your wallet and your waistline will thank you for it."

Verjaardagwense


Mev. Jansen, baie geluk met u verjaardag. Mag Jesus u oorvloedig seën sodat u altyd gelukkig sal wees. Geniet hierdie spesiale dag.

Liz' thoughts


Click HERE for more. 

Tuesday 26 March 2024

Dinsdag-denke: Die dooie eend

Die volgende is ‘n kort verhaaltjie oor die genade van ons Hemelse Vader.

Daar was op ’n keer hierdie seun wat ’n rek present gekry het, maar niks daarmee kon raakskiet nie.
Tot hy op 'n dag op sy ouma se troeteleend aangelê het. Wat natuurlik ’n raakskoot was - met die gevolg: ’n dooie eend. Toe hy paniekerig die eend onder ’n klomp hout probeer wegsteek, sien sy suster hom. Toe hy en sy suster die aand na ete skottelgoed moes was, was sy suster se woorde gou: ek dink jy kan maar alles was, en as jy nie wil nie, onthou gerus van die eend.

Na twee weke was hy so moedeloos gewas dat hy besluit het om maar liewer voor ouma te bieg. En ouma se woorde? Ek weet van die eend, my seun. Ek het alles deur die venster gesien. Omdat ek jou liefhet, het ek jou klaar vergewe. Ek het net gewonder hoe lank jy jou suster gaan toelaat om jou haar
slaaf te maak.

Wat het hier gebeur? Die seun was reeds vergewe, maar hy het gedink hy is skuldig, het geglo hy sal altyd skuldig bly, omdat ouma hom nooit sal vergewe vir haar troeteleend nie. As hy maar net dadelik na ouma gegaan het.

’n Eenvoudige verhaal. Maar dit is ook ons verhaal. Ons skiet nie met rekke nie, maar wel met oneerlikheid, hebsug, woede, arrogansie, leuens. God is soos hierdie ouma. Hy sien ons, al probeer ons wegkruip. Hy reik uit na ons al sondig ons elke dag. Hy hou ons steeds styf vas en verseker ons van Sy liefde en genade net omdat Hy kan. Hy is ons God. Hy verlaat ons nooit oor verkeerde besluite nie, maar betoon eerder sy liefde aan ons.

Die beste voorbeeld wat Jesus vir ons kom stel het, was juis hierdie voorbeeld van genade - onverdiend en liefde onvoorwaardelik. Aan die kruis word Jesus bespot deur die misdadigers wat saam Hom gekruisig word. Een van hierdie misdadigers reik uit na Jesus en dan sien ons hoe Jesus hom verseker dat hy saam met hom in die paradys sal wees. Die Here het elkeen van ons onvoorwaardelik lief en dit is iets waarvoor ons waarlik dankbaar kan wees. Ons dien immers ‘n God wat uitkyk vir ons en ons veilig hou in sy hande.

Bron: Maandblad van die NG-kerk Môregloed
Augustus 2018 

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie stukkie met ons deel.]  

Verjaardagwense


Mev. Botha, vandag gee ons met liefde vir u 'n bossie rooi rose en 'n heerlike koppie tee om op u verjaardag te drink. Mag Jesus u oorvloedig seën.

Sunday 24 March 2024

Hy is kosbaar vir My ...

Ek het jou naam op seesand geskryf,
maar seewater het oor dit gespoel.
Ek het jou naam in die lug geskryf,
maar die wind het dit weggewaai.

Toe besluit ek om jou naam in gebed te noem
en die Here antwoord my:
"Ek ken daardie naam.
Hy is kosbaar vir My
en niemand sal hom uit my hand ruk nie."

[Dankie, Elmari Guy]

Thursday 21 March 2024

What does it feel like to be old?

The other day, a young person asked me: What did it feel like to be old?

I was very surprised by the question, since I did not consider myself old. When he saw my reaction, he was immediately embarrassed, but I explained that it was an interesting question. And after reflection, I concluded that getting old is a gift.

Sometimes I am surprised at the person who lives in my mirror. But I don't worry about those things for long. I wouldn't trade everything I have for a few less gray hairs and a flat stomach. I don't scold myself for not making the bed, or for eating a few extra "little things." I am within my rights to be a little messy, to be extravagant, and to spend hours staring at my flowers.

I have seen some dear friends leave this world, before they had enjoyed the freedom that comes with growing old.

Who cares if I choose to read or play on the computer until 4 in the morning and then sleep until who knows what time?

I will dance with me to the rhythm of the 50's and 60's. And if later I want to cry for some lost love ... I will!

I'll walk down the beach in a swimsuit that stretches over my plump body and dive into the waves letting myself go, despite the pitying looks of the bikini-wearers. They'll get old too, if they're lucky ...

It is true that through the years my heart has ached for the loss of a loved one, for the pain of a child, or for seeing a pet die. But it is suffering that gives us strength and makes us grow. An unbroken heart is sterile and will never know the happiness of being imperfect.

I am proud to have lived long enough for my hair to turn gray and to retain the smile of my youth, before the deep furrows appeared on my face.

Now, to answer the question honestly, I can say: I like being old, because old age makes me wiser, freer!

I know I'm not going to live forever, but while I'm here, I'm going to live by my own laws, those of my heart.

I'm not going to regret what wasn't, nor worry about what will be.

The time that remains, I will simply love life as I did until today, the rest I leave to God.

[Thank you, Janine for sharing this thoughts.]

Liz' thoughts


Click HERE for more.

Tuesday 19 March 2024

Dinsdag-denke: Vir ons beswil

Soms bring God swaarkry oor Sy kinders om hulle weer op die regte pad terug te bring. 

As dit met ons goed gaan, is dit so maklik om ver van God af weg te dwaal. 

Dit is eers in tye van nood en swaarkry dat ons werklik besef dat ons self hulpeloos en onmagtig is, dat ons ontdek dat daar net Een is wat werklik kan help en vir ons uitkoms kan gee. Aan die einde van die dag is daardie stuk swaarkry wat ons weer by God uitgebring het, dus tot ons beswil. 

God het altyd 'n doel met ons seerkry en swaarkry. Hy wil ons daardeur nader aan Homself trek, Hy wil ons leer dat ons nie sonder Hom kan lewe nie, dat ons Sy liefde en krag elke dag nodig het, dat hierdie pyn en swaarkry waarteen ons so skop, ons uiteindelik ryker en ryper kinders van God sal maak. 

Dwarsdeur die Bybel kry ons te doene met mense wat deur hulle swaarkry vir God beter leer ken het. Job erken op die ou end dat sy swaarkry die bril was waardeur Hy God gesien het.Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien. Job 42:5

Hemelse Vader, ek weet so goed dat U 'n doel het met hierdie probleme in my lewe, maar ek kan nie leer om vrede te maak daarmee nie. Dankie dat U my daardeur wil leer en dat U dit wil gebruik om my voete weer op die regte pad te kry. Amen.  

Monday 18 March 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Berei ons lewens voor ...

Genadige God, ons maak oop vir U werking in ons lewe.
U het ons gemaak om vreugde-gevulde lewens te hê.
Wys ons die kreatiewe krag van hoop.
Leer ons dat vrede kom van reg lewe.
Vul ons met ’n uitbundige vreugde,
wat oorloop na ander mense toe.
Berei ons lewens voor om deur U verander te word,
sodat ons mag loop in die lig van Jesus Christus.
Amen

Sunday 17 March 2024

Die seën van 'n bejaarde ...

Geseënd is jy, as jy verstaan dat my hande bewe en my voete stadig geword het.

Geseënd is jy, as jy daaraan dink dat my ore nie meer goed kan hoor nie.

Geseënd is jy, as jy weet dat my oë nie meer goed kan sien nie, as jy nie kwaad word as ek die mooiste koppie laat val of omdat ek vir die soveelste maal dieselfde storie vertel nie.

Geseënd is jy, as jy my toelag en my vra na die dae van my jeug. Ek hou daarvan om van my kinderjare en grootwordjare te vertel.

Geseënd is jy, as jy sagkens met my omgaan, my stille trane begryp en my laat voel dat iemand vir my omgee.

Geseënd is jy, as jy langer by my bly as dit oral donker word en as jy my hand vashou wanneer ek alleen die nag moet in, die nag van die dood.

Geseënd is jy -  as ek in die hemel kom, sal ek die sterre vir jou aansteek.

Thursday 14 March 2024

Tuesday 12 March 2024

Dinsdag-denke: Rose vir Mamma

Die middeljarige man stop by die bloemiste, hy wil gou ’n bestelling plaas vir blomme wat deur Interflora aan sy moeder gestuur moet word. Dit is môre haar sewentigste verjaarsdag, maar hy sal nie môre kans kry om die tweehonderd kilometer af te lê om die blomme vir haar te neem nie.

Terwyl hy uit sy motor klim, merk hy die dogtertjie op wat op die sypaadjie sit en huil.
Hy vra haar wat fout is en sy antwoord: “Ek wil graag ’n rooi roos vir my moeder koop, maar ek het net een rand en die rose kos vyf rand ’n roos.”

Die man glimlag en sê: “Kom saam met, ek sal vir jou ’n mooi rooi roos koop.” Hy koop toe vir haar die roos wat sy graag wil hê en plaas die bestelling vir sy ma se blomme. Terwyl hulle uit die winkel stap bied hy aan om haar by die huis te gaan aflaai.

Sy antwoord: “Ja, asseblief! Maar sal u my na my moeder toe neem.”

Sy beduie vir die man die pad en weldra arriveer hulle by die begraafplaas. Sy klim uit en stap na een van die nuut opgemaakte grafte en plaas die roos op die vars hopie grond wat oor die graf is.

Die man het teruggegaan na die bloemiste, die Interflorabestelling gekanselleer, die grootste bos blomme in die blommewinkel uitgesoek en die tweehonderd kilometer gery na sy ma se huis.

Ons moet aan hulle vir wie ons lief is, blomme gee terwyl hulle lewe, wanneer hulle dood is, kan hulle dit nie waardeer nie.

Monday 11 March 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Want Hy is Jesus Christus

Mag jy soos 'n arend bo elke uitdaging uitsweef.
Mag elke vergete hoop herleef
en elke droom 'n realiteit word.
Mag jy vrede in elke storm ervaar.
Mag jou dag geseend wees.
My Here, dankie vir nog 'n dag wat U vir ons gegee het.
Dankie, vir U liefde en genade.
Dankie vir U seëninge.
Ons het so baie om dankbaar te wees.
Here, ek vra U om saam met elkeen wat U só nodig het, te wees.
Ek vra dit in U naam.
Amen

Sunday 10 March 2024

The Angels se besoek tydens Maart

Die terapeutiese voordele van inkleur is wetenskaplik al oor en oor bewys. Hierdie is een van die moet-doen-aktiwiteite vir die senior landgenote. 

Een van die voordele is dat inkleur onder andere 'n kalmerende effek het. Gelukkig kan almal van ons inkleur, maar nie almal van ons kan teken nie. Dus het ons geen verskoning as dit by inkleur kom nie. Inkleur stimuleer kreatiwiteit, dit verbeter die gemoedstemming, verbeter konsentrasie, sowel as die oog-hand-koördinasie. 

In kort is inkleur voordelig vir volwassenes se geestes- en fisieke gesondheid en dit hou die kognitiewe funksies in stand tydens die verouderingsproses. 

En natuurlik kan 'n mens dit sommer net vir die lekkerte doen.

Saterdag was dus inkleurdag en terwyl almal met kleur gewerskaf het om hulle prentjies te laat praat, het die engele solank wafels gebak en dit met heerlike gekleurde roomys bedien.

Saterdag was dus 'n kleurvolle herfsdag in die eetsaal van Ons Huis.

 by een van die inwoners.

Foto's: Millie Mouton

WATERDRUPPEL vir die WEEK = Saartjie en die wynduin

Groete en Vrede!!!

Een ding is verseker ... en dit is dat die Skepper van hemelgoed en stofaarde voorwaar ‘n sin vir humor het. Die Bybel beduie mos nie verniet dat ons as mensegoed na Sy beeld en Sy gelykenis geskape is nie. Daarom is dit heel veilig om te aanvaar dat ons in so baie opsigte net soos Hy is. Vat nou maar daardie laat agtermiddag toe die Genadewa met ’n sagte skud bo-op ‘n groot wit Kalahari sandduin sy staan gekry het. Ek en die Mooiste Mooi het met binneste binnes wat oorloop van verwagting uitgeklim en nader aan die voormalige plaasopstal met sy afgedopte mure en roesbruin sinkdak gestap. Vanweë 'n vroegmiddag wilde en woeste westewind, is die groenerige voordeur heel toe en die huismense se spore om die huis, is lank terug doodgevee.

Ons wou net omdraai om weer in die Genadewa te klim, toe Saartjie onder in die sandstraat ons aandag met swaaiende arms probeer trek. Die Mooiste Mooi waai met 2 arms terug en sekondes later ry ons stadig en versigtig die duin af. Niemand wil hier vasval nie. Die Genadewa maak sommer sy eie pad na Saartjie se huis totdat ‘n lynregte binnedraad ons forseer om te stop. Die laaste sowat 30 meter sal ons maar ons weg moet vind deur 'n aantal kniehoogte driedoringbossies heen. Intussen wag Saartjie heel geduldig in die koelte van ‘n groot Prosopis waar sy vir ons stoele gemaak staan het. Sommer knap na die groet, verduidelik Saartjie skamerig en al stotterende dat sy vandag alleen op die plaas is. “Oubaas en die m-m-manne is sonop veld toe om skaap te werk en K-k-koekie en haar suster is buurplaas toe om te gaan k-k-uier.”

En so begin die gesels. Net ek, die Mooiste Mooi en stotterende Saartjie in die skaduwee van die groot Prosopis. Lateraan kon Saartjie dit nie meer inhou nie en vertel met ‘n groot skaambaadjie aan van die wynduin waarmee sy stry. Met bekeerore luister ek en die Mooiste Mooi na haar relaas wat sy afsluit met “En dan p-p-pastoor is daar nog die twak ook. M-m-maar die wynduin ... dis die ergste. Daai soetwyn maak my sukkel en sweet” sê sy.

Ons moet aanstoot huis se kant toe. En net voordat ons groet, trek Saartjie haar skaambaadjie met ‘n gestotter uit. Baie sag vloei haar diepste hartsbegeerte so sukkel-sukkel oor haar lippe. “P-p-pastoorgoed” hakkel sy kinderlik opreg en moedig “jy moet tog a-a-a-se-b-b-blief vir my b-b-bid. B-b-bid tog vir my om die soetwyn te los. Annerdag kan ons vir die rook b-b-bid maar nou is dit eers die wynduin wat pla. Die Here sal mos h-h-help p-p-pastoor, H-h-h-hy sal mos help?”

Die Mooiste Mooi het opslag agter Saartjie gaan staan en haar arms styf om haar gevou. En so is daar vir haar gebid. Net gebid. Net gebid en gevra vir krag en hulp vir die wynduin en rooklus. Daardie goeters wat haar loop saam met die Kêrelkind van God vir so moeilik maak.

Twee weke of wat later, wieg die Genadewa weer al te gemaklik oor die bekende tweespoorpaadjie na die plaas waar Saartjie-goed bly. Sommer so in die ry, wonder ek of Saartjie deurgedruk en rotsvas bly staan het met haar groot besluit. ‘n Besluit om die soetwyn en twak deel van haar gistergoed te maak. Ai, dit sal mos tog te kosbaar wees as Saartjie bo-op haar dwarsduine kan staan en beduie dat sy met Vader se hulp, die saak agter haar kan sit. So ‘n gebeurtenis is mos veel kosbaarder as sagte genadewater wat op die vlak van ‘n dorre woestyn val.

Ons kon vir Saartjie van ver sien. Sy het ‘n vrolike borriegeel doek om die kop gehad en ‘n helder groen rok wat tot by haar enkels hang. Vandag lyk Saartjie heel anders en sy beweeg anders .. al asof sy oor die vlak sweef. Met glimlagte wat so wyd soos die uitgestrekte Kalahari horison strek, kyk ek en die Mooiste Mooi vol opgewondenheid na mekaar. Hoe dan anders.Dit is mos net ons Skeppergod kan so iets doen. Net Hy kan maak dat Saartjie hierdie saak agter haar sit want Hy bly opreg en Hy bly getrou. Self ou koning Dawid het mos nie verniet ‘n verlossingslied gesing nadat Die Here hom gered het van die wraaksugtige Saul en sy vyande nie. Ai, sal dit nie spesiaal wees as Saartjie voortaan ook kan sing en dans en dankbaar wees oor haar verlossing nie.

Net soos vantevore, het die lynregte binnedraad ons geforseer om weer sowat 30 meter van Saartjie se plekkie af te stop. Nog voordat ek deur die draad kon klim skree-vra ek opgewonde en vol nuuskierigheid “En Saartjie, hoe gaan dit met jou wynduin?”

"Nee j-j-jitte p-p-pastoor,” het sy moedig en opreg geantwoord, “die H-h-here is ge-ge-getrou. H-h-hy is w-w-w-waarlik getrou. Daai ge-ge-bed het vir een dag ge-gewerk.” En op daardie oomblik dink ek dat die Here met ‘n vonkel in Sy oog na Saartjie gekyk het. Ons as mensegoed het mos iets van Hom in ons ... selfs humor en pittige sêgoed.

2 Sam 22 verse 26 & 27 (Afr 20) = "Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor die held wat onberispelik is, tree U onberispelik op; teenoor dié wat hulle rein hou, bewys U Uself rein; maar teenoor die wat vals is, tree U berekend op’”

Gen 1 vers 26 (a) (DB) = “Toe het God gesê: “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk.”

Sandkorrel baie seëninge.

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549
Klik HIER vir verdere inligting.

[Dankie, Valerie, vir jou gereelde bydraes tot hierdie blog. Indien jy wil en betrokke kan raak by hierdie uitreiking, maak gebruik van die kontakdetail hierbo.]

Friday 8 March 2024

Tips from Granny

* Close all Doors behind you (unless told not to).
* Kitchens can be bright and colorful.
* It isn’t a HOME without reminders of loved ones.
* Try to live your life without being a burden.
* "Later" becomes "too late."
* Cook at home more than you go out.
* Serve salad and bread with dinner so people eat less meat.
* Wash your makeup off every night.
* A smile is the best accessory.
* Wear your sunscreen.
* You can always find something nice about a person to make them feel good. Such as pretty hair, eyes, blouse, shoes.
* Communication is more important than ever.
* Take care of your feet they have to carry you the rest of your life.
* Also moisturize the back of your hands, a lot.
* Don’t save the good stuff for “someday”.
  

Thursday 7 March 2024

Verjaardagwense


Mev. Keulder, hoop u verjaar lekker. Mag Jesus jou met al Sy genade en liefde seën sodat jy 'n voorspoedige lewensjaar mag geniet. Alles van die mooiste.

Liz' thoughts


Click HERE for more. 

Tuesday 5 March 2024

Dinsdag-denke: Twee kommervrye dae

Daar is twee dae in elke week waaroor ons, ons nie moet bekommer nie, twee dae wat vry gehou moet word van vrees en besorgdheid.

Die een dag is gister met al sy foute en bekommernisse, sy pyne en skete, sy wroeginge en tekortkominge.

Gister is verby en is glad nie meer binne ons beheer nie. Al die geld in die wêreld kan gister nie weer terugbring nie.

Ons kan nie een enkele aksie wat ons gister gedoen het, ongedaan maak nie; ons kan nie ’n enkele woord uitvee wat ons geuiter het nie.

Gister is vir ewige verlore.

Die ander dag waaroor ons ons nie moet bekommer nie is môre, met al sy moontlike probleme en laste, sy belofte van grootheid wat hy mag inhou of sy swak prestasie wat dit mag oplewer. Môre is buite ons onmiddellike beheer.

Môre se son sal opkom, hetsy in volle glorie of agter ’n wolkemasker, maar dit sal opkom. Totdat dit opkom, het ons nog geen aandeel in môre nie, want dit moet nog gebore word.

Dit los ons net met een dag ... vandag.

Enige persoon kan die geveg net voer vir een dag en dit is vandag. Dit is wanneer ons die laste van die twee ander entiteite, gister en môre, byvoeg, wat maak dat ons gebroke en moedeloos raak.

Dit is nie die ondervinding van vandag wat ’n persoon tot raserny dryf nie, dit is die spyt en jammerte van iets wat gister gebeur het en die vrees van wat môre mag bring.

Daarom moet ons leef vir vandag en so leef asof elke dag ons laaste dag is, sodat ons met blydskap verantwoording kan doen oor ons aksies vandag. 

[Dankie, Anoniem]

Monday 4 March 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Here, dra my

Hou my styf vas Here, wanneer my voete gly.
Hou my vas Here, as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my, Here, wanneer die trane vryelik vloei.
Genees my hart, Here, wanneer my hart bloei.
Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel.
Gee sekerheid as ek dink die lewe is sonder 'n doel.
Wees U my Vriend as mense my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad.
Wees U my geneesheer as ek siek en vol pyn is.
Wees U my kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my anker as die vloed my mee wil sleur.
Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.
Wees U my stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my Vertroue as ek voel daar is geen meer hoop.
Dankie, Here, dat ek dit van U mag vra.
Dankie, Here, dat U my deur alles dra.
AMEN

Sunday 3 March 2024

Gedig: Kaalvoetkind

My Redder het my gesoek en gevind.
Ek voel lig en vry soos die wind
Want ek is die Heer se kaalvoetkind.
Ek huppel die hele wêreld rond
Trek my skoene uit, want ek beweeg op Heilige grond.
Stamp ek my voet teen ‘n klip
Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip.
Steek ‘n doring in my voet so seer
Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer.
Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel
Is U ook daar om my op te tel.
Vra mense my:
Waar is jou Heer??
Sê ek: Hy is hier binne-in my met Sy liefde so teer.
Hoe is daar net een ry spore? sal hul vra.
Antwoord ek: Dit is daar waar my Vader my in Sy arms dra.
Daarom is ek so bly, ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind.
Dag en nag, waar ek my ook al mag bevind, is ek stewig aan Hom vasgebind, 
met Sy Ewige Liefdeslint.
Ek, die Here se ... Kaalvoetkind.

- Brenda (Sielskos)

[Voorstel: gaan Google gerus hierdie persoon se werk.] 

Saturday 2 March 2024

Die geskiedenis van 'VOORSKOTE'


Ek dink nie ons kinders weet wat 'n voorskoot is nie. Die hoofgebruik van ouma se voorskoot was om die rok daaronder te beskerm, want sy het net 'n paar gehad. Dit was ook omdat dit makliker was om voorskote te was as rokke en voorskote het baie minder materiaal gebruik. Maar daarmee saam het dit onder andere as 'n pothouer gedien om warm panne uit die oond te haal.

Dit was wonderlik om kinders se trane af te droog, en is by geleentheid selfs gebruik om vuil ore skoon te maak. 

Van die hoenderhok is die voorskoot gebruik om eiers, kieskeurige kuikens en soms half-uitgebroeide eiers te dra om in die warm oond klaargemaak te word.

Toe geselskap kom, was daardie voorskote die ideale wegkruipplekke vir skaam kinders. En as die luggie koud word, het Ouma dit sommer om haar arms gedraai.

Daardie groot ou voorskote het menige sweet voorkop afgevee, gebuig oor die warm houtstoof.

Spaanders en aansteekhout is in daardie voorskoot die kombuis ingebring.

Uit die tuin het dit allerhande groente gedra. Nadat die ertjies uitgedop is, het dit die skille gedra. In die herfs is die voorskoot gebruik om appels in te bring wat van die bome geval het.

Toe onverwagte geselskap die pad opry, was dit verbasend hoeveel meubels daardie ou voorskoot binne 'n kwessie van sekondes kon afstof.

Toe aandete gereed was, het Ouma op die stoep uitgestap, haar voorskoot geswaai, en die manne het geweet dis tyd om van die lande af in te kom vir ete.

Dit sal lank duur voordat iemand iets uitdink wat daardie 'outydse voorskoot' wat soveel doeleindes gedien het, sal vervang.

Ek weet nie hoeveel kieme op daardie voorskoot was nie. Maar ek het nog nooit iets van 'n voorskoot af, behalwe liefde gevang nie.

[Skrywer onbekend]

Dankie, Ena, wat hierdie waarheid met die lesers deel!

Saterdaglagmedisyne

Friday 1 March 2024

Seisoene

Daar is verskillende seisoene in die lewe - lente, somer, herfs en winter. So kom daar in elke mens se lewe ook 'n sekere seisoen waarvan 'n mens dalk nie baie hou nie - dit kan herfs wees of winter - jy het jou redes. Slegte ervaringe en herinneringe speel 'n rol in jou houding teenoor die bepaalde seisoen.

Soms wanneer jy 'n herfsseisoen beleef, word jy beroof van jou werk, gesondheid of geliefde - dis soos die blare van die bome wat verkleur en dan afval. Dit laat 'n gevoel van verlies en somberheid in die gemoed - maar het ook sy eie mooi. Die gekleurde blaremat onder die boom vertel van 'n eens gesonde boom wat koelte verskaf het en 'n lus vir die oog was. 

Soms is dit nodig dat ons deur hierdie twee seisoene in ons lewens gaan, om gestroop te word van onsself om weer 'n nuwe begin te maak. Gestroop te raak van die eie ek en die goeie wat ons het, om die waarde daarvan te kan waardeer, te kan sien en voel wat ander mense deurgaan en ervaar, terwyl ek en jy ryk en verryk is. 

Daar is hoop na 'n winterseisoen - al lyk dit asof alles dood en koud is - daar is lewe en dit sien ons wanneer die lente aanbreek, wanneer nuwe blaartjies hul verskyning maak. 

As jy tans in 'n winterseisoen van jou lewe is, hou moed, daar sal weer 'n lentetyd met nuwe bloeisels en blaartjies aanbreek. 'n Seisoen waar jy weer die vreugdes sal ervaar van die somerson op jou gesig.

Hou jou oë gevestig op Jesus, die Voleinder, die Begin en die Einde - die Son van Geregtigheid.

[Dankie, Estelle, dat jy hierdie internetboodskap met almal deel.] 

World Compliment Day


Hans Poortvliet, a recognition professional from the Netherlands, started this creative day to spread praise and positivity. March 1 is all about consciously reflecting on what someone does well, and letting them know you sincerely appreciate them.

For a day, could we flood our fellow man with compliments? 

Not empty, insincere platitudes, but sincere compliments for people, businesses, organizations and movements we want to lift up.

It may be just the boost people need to continue in their work, their care of others, and their answer to God’s call.

We celebrate World Compliment Day by spreading encouragement and positivity far and wide.

Enjoy your day!

Maart-verjaardae


07 - Mev. J Keulder

26 - Mev. M Botha

28 - Mev. H Jansen

30 - Mev. S Roos