Sunday 17 March 2024

Die seën van 'n bejaarde ...

Geseënd is jy, as jy verstaan dat my hande bewe en my voete stadig geword het.

Geseënd is jy, as jy daaraan dink dat my ore nie meer goed kan hoor nie.

Geseënd is jy, as jy weet dat my oë nie meer goed kan sien nie, as jy nie kwaad word as ek die mooiste koppie laat val of omdat ek vir die soveelste maal dieselfde storie vertel nie.

Geseënd is jy, as jy my toelag en my vra na die dae van my jeug. Ek hou daarvan om van my kinderjare en grootwordjare te vertel.

Geseënd is jy, as jy sagkens met my omgaan, my stille trane begryp en my laat voel dat iemand vir my omgee.

Geseënd is jy, as jy langer by my bly as dit oral donker word en as jy my hand vashou wanneer ek alleen die nag moet in, die nag van die dood.

Geseënd is jy -  as ek in die hemel kom, sal ek die sterre vir jou aansteek.

No comments:

Post a Comment