Showing posts with label Baie dankie. Show all posts
Showing posts with label Baie dankie. Show all posts

Tuesday, 28 October 2025

Gedig: Dankie

In die wêreld van vandag, 
So vol gierigheid en haas,
Snel ons by mekaar verby,
Sien ons nie behoeftes raak.

Daar is min wat soos die Samaritaan
'n Oomblik sal gaan staan,
Ons is almal net te haastig,
Te selfsugtig en te besig.

Maar in al die gewoel
is daar een wat omgee, anders is,
Daarom wil ek vir jou sê:
"Dankie vir alles wat jy doen."

[Anoniem]

Monday, 16 December 2024

Dankie, vir jou teenwoordigheid in my lewe


Soos 'n klein skulpie het jy eendag op my strand uitgespoel 
Ek het jou niksvermoedend opgetel, om van nader te beskou 
Min het ek die WAARDE daarvan besef ... 

Iets wat ek ALTYD in my HART wil hou ...
Vir ALLES wat jy vir my beteken, is die klein woord:
DANKIE eintlik te nietig ...

Jou skulpie is met 'n doel op my strand ... 
God het geweet dat ek jou nodig het ... 
Dankie vir jou teenwoordigheid, in my lewe ...

Terwyl ons in Desembermaand is, en die jaar einde se kant toe staan ...
besef ek dis tyd om dankie te sê vir iemand so spesiaal soos JY. 

JY wat deur elke maand van hierdie jaar ‘n verskil gemaak het in my lewe met jou boodskappe, liefde en omgee!  

[Dankie, Nerine, wat ons daaraan herinner om vir die mense langs ons lewenspad dankie te sê vir wat hulle vir ons beteken het. Dankie vir elke ouma en oupa en personeellid se bydrae hierdie jaar in die ouetehuise en aftreeoorde. Dankie vir ons donateurs en ons kuiergaste. Ons Huis wil spesiaal DANKIE SÊ vir ons 2024-engele wat een maal 'n maand ons Saterdag kom inkleur het met joviale kuiers, vrolikheid en baie lag. Julle is ons skulpies.]

Sunday, 1 September 2024

1000 dankies vir die ondersteuning gedurende die fees!!

ADASA- en ACVV-stalletjie by Yonder Hartsfees


'n Yslike-uit-die-hart-uit-dankie!!

Foto's: Ronell van Wyk

Sunday, 25 August 2024

Ons harte by Ons Huis loop oor van dankbaarheid


Dankie aan die talle mense wat hande gevat het met Ons Huis en donasies by die kantoor kom afgee het. Ons het 'n redelike lywige lysie saamgestel van alles wat benodig word vir die pannekoek- en vetkoekstalletjie van die ACVV en ADASA by die Yonderfees eerskomende naweek. 'n Mens staan werklik verstom oor die welwillendheid en die omgee van Kimberley se mense. 

'n Yslike-uit-die-hart-uit-dankie!!

Daniël Louw het gesê  dat barmhartigheid, omgee, medelye en mededeelsame naasteliefde maak die lewe mooi. Dit is presies wat ons by Ons Huis ervaar het.

Ons sien julle by die fees wat 29 Augustus begin. Moenie na die weer kyk nie - sleep familie, bure, vriend en vyand saam met jou na die fees en kom ondersteun ons!

Sien jou daar!! 

Klik HIER vir die bestanddelelysie.